Monday, September 1, 2008

2 seisoene

Dit is van dag lente dag, hoera die winter is verby. ....Maar wag n bietjie, die jaar hou ons 'herf dag'. Weet nie of daar so n dag bestaan nie, maar ons maak dit sommer van vandag hier in die UAE die 1ste September 'herfs dag' . Want ons ergste hitte is verby?




Die blomme het ons so paar maande gelede met vreugde en kleur oorweldig, toe dit hier lente was. Het gedink 'malvas'(onder) kan enige plek groei, wat waar is maar die oorleef van n siesoen n ander saak. Het hul al 3 verloor in die verloop van die somer. Dit laat mens so bietjie terug laat staan, veral as jy nog jou hele lewe groen vingers gehad het.


'Dat die Skeper Sy Hand oor als hou'


Daar is soveel mooi in die 2 seisoene. Seisoene is so belangrik.Veral in die mens se lewe, dit is nodig sodat jy gesonde vrugte kan dra.


En met verskillende siesoene kom daar groei.


...Geestlike groei en natuurlike groei....



Ek hoop almal da in SA, n paar minute sal vat en net na die nuwe uitloopsels, bloeisels, blomme met al hul geure en kleure in die lug aanskou. Hoopenlik laat dit jou sing...



Dis heerlike lente die winter is verby........



Al is dit "kouerig" weet net die "somer" is oppad.

Tuesday, August 26, 2008

n kykie na Sharjah









Sharjah is die 3de grootste emiraat van die UAE, en het ongeveer 800 000(2008) inwoners. Dit is die enigste emiraat wat land het aan die 'Persian Gulf' sowel die 'Gulf of Oman'







Die emiraat is ook bekend as die 'Cultural Capital' van die UAE. Dit is Dubai se sister stad aan gesien dit so naby mekaar gelee is, vir ons het dit gevoel of hul deel van mekaar is.








Volgens Wikipedia is dit die enigste emiraat wat die verkoop, besit en inneem van alkohol verban . Daar is ook n wet wat ingekom het van 2001 dat mans en vroue n konserwatiewe drag kode het om te volg.




En dan is die meng van on-getroude mans en vroue onwettig is; (A man and a woman who are not in a legally acceptable relationship should not, according to the booklet, be alone in public places, or in suspicious times or circumstances.")












Sharjah is so 170km van Abu Dhabi af, en ons het nie veel tyd oor gehad om die dorp te verken nie. n Dag is te kort vir als wat mens wil doen, da was net genoeg tyd om die aquarium te besoek. Wou die pad terug ry voor dit donker word, jul weet mos wat gebeur op vreemde donker paaie, mens kan lekker verdwaal. (Ja dit kan wel gebeur al het jy n GPS in Dubai want daar in nog baie paaie onder konstruksie.)








Ons sal seker in die toekoms weer daar n draai maak.