Kan julle glo?
Uiteindelik kom ons by die dolfyne in Dubai uit! Ons sukkel al vir 'n maand om kaartjies te kry, want ons moet op die internet book en elke keer wat ons, ons datums in sit dan is dit uitverkoop. Want sien op maandae en vrydae is dit baie goedkooper as deur die res van die week!
En raai wat?..... Daar is ons ou Jata'tjie so siek dat hy die hele show amper in die badkamer deur bring, so m.a.w die fotos wat julle nou sien is deur ons 2 geneem, so ons gaan beslis weer terug gaan sodat ons baie mooier fotos vir julle kan neem.
Hier daans hulle, ongelooflik!Mens kan nie dink dat wanneer hulle so regop staan, dat hulle so lank en groot kan wees nie. En glo my as ek se hulle het gesamba! Hy kan maar daardie lyfie swaai en dit nogal op die ritme van die musiek. Selfs die dolfyne het gedaans. Te pragtig!Wanneer mens na hierdie ongelooflikheid kyk dan besef mens net opnuut hoe groot ons Skepper is, so dat toe Hy visse geskape het, het HY hulle met perfekt'hied geskape en vir hulle die vermoe gegee, om Sy groothied te vertoon.
DANKIE VADER VIR U GROOTHEID. U IS ALMAGTIG EN WONDERBAAR!!
1 comment:
pragtig julle
gou gesond word jata!
ga kom kuier en dan wil ek ook gaan kyk.
liefies
Post a Comment