Net voordat ek en seunie terug huis toe gevlieg het,
het Flattie, vir hom bad goed gebring. Natuurlik het ek gedink dat hy lankal daarvan vergeet het, maar nee, nie ons seunie nie. Daar is niks wat jy vir hom kan wegsteek nie, hy weet presies wat aan gaan. Ek en ouma het vir hom 'n karrietjie laat kies in pep toe ons gou daar ingehop het, toe reken hy nee hy soek al 2 die rooie en die rooi en witte, ons vat dit toe vir hom en toe ons by die 'till' kom toe se ons vir die persoon daar, sy moet net die 1 lui en die ander een los ons toe agter. Wat 'n gemors toe ons by die huis kom. Dit was trane tot die volgende oggend selfs in sy slaap het hy daaroor gemoun.-sal maar nie se wat hy gese het nie maar dit was nogal lagwekkend.- nou dieselfde met die ding. Hy't aangehou totdat ek vir hom dit gegee het en hy gedoen het daarmee wat hy nou wou.
Maar ons klien kalant het homself geniet en dit is al wat saak maak.