Showing posts with label Springbok slaghuis. Show all posts
Showing posts with label Springbok slaghuis. Show all posts

Tuesday, July 29, 2008

Springbok slaghuis

Die 4 ratels, onderste bo koei spene wat ookal jy dit kan noem.(soos wat lyk dit nog vir jou?) Is in een van die sirkels op pad slaghuis toe. Wanneer jy by die vleismark in stap, stap jy in die lang gang af.
Die ou slaghuisies is so klein dat die werkers buite in die gang sit. En hul kan mos ook so bietjie oor en weer kuier.
Springbok slaghuis is gelukkig aan die begin kant van die gang, ander word jy nogal bekyk deur die wat in die gang sit. Die suid-afrikaanse slaghuis veskaf gunstelinge soos biltong, boerewors en droewors. Soos jul hier onder sien is daar regtig net plek vir 4 mense in die winkel. ek dink op n regte besige dag, wanneer n SA rugby game gespeel word kan mens dalk so bietjie in die gang wag.
Vir die facebook'ers hul het n groep da op 'Springbok Butchery' om ons op hoogte te hou, van wat in die winkel aan gang. Hul het ook rooibos tee maar glo net in n ander boks sal nog dit uit toets. Moet by se hul wors is lekker.