Showing posts with label fietsry. Show all posts
Showing posts with label fietsry. Show all posts

Friday, June 27, 2008

Fietsry, Braai en mooi sonsondergang!

Dit is vandag Vrydag, wat beteken dit is ons Sondag. Met die sonnetjie wat so pragtig sak in die verte agter ons villa se kompleks, is dit die ideale tyd om my nuwe fietsie te ry! Ek kon nog so 'n rukkie terug glad nie ry nie, en vandag in die 'shopping centre' spring ek toe mos op die ene, en ry toe so pragtig, dat die mense sommer stil gaan staan en kyk. Pappa en Mamma moes toe maar net hom in die trollie sit, en dit is toe dat ek sommer bo op die fiets in die trollie klim en sy klokkie lui, regte klein karnallie! Terwyl die son sak en pappa se braaivleisvuur lekker vlamme gooi, het hy gou die foto geneem. Vanaand is die humiditeit nie so erg nie, inteendeel kan mens dit nie eers sien nie, wat beteken dat dit 'n lekker aand buite gaan ees, met temperature net onder die 40 grade vir die nag. Hulle bou nou al hoe meer villas hier, ons kort nou net 'n shopping mall hier naby. Hoop dit kom gou!

Hier het pappa sy hande, of eerder sy bene vol om by te hou by die seuna! Hy het hom nie twee keer laat nooi om buite die kompleks in die straat sy nuwe rooi fiets uit te probeer nie, en het so vinnig gery dat pappa moes uithaal en wys om by te bly. Hier kom ons twee by die hek in, met die Dubai-Al Ain snelweg se ligte wat daar agter skyn. Nou is ons reg om 'n lekker vleisie en wors op die kole te gooi! En dan lekker te doeks daarna. Wat 'n lekker dag! " 'N MENS MOET ELKE DAG TEN VOLLE LEEF, ELKE DAG HET NET 86400 SEKONDES, EN AS DIT VERBY IS, DAN KRY NIE 'N ENKELE EEN VAN HULLE WEER TERUG NIE"