'Stuff'ies' sal gereeld sy veskyning maak van vandag af.Dit is goetertjies wat vir ons nuut, snaaks, anders, mooi, nie so mooi, en lekker is.
Kameel melk
Daar word gese kameel melk is baie meer voedsamer as koei melk. Dit is laag in vet en 'lactose' en ook hoer in 'potassium', 'iron' en 'Vitamin C'.
Dit word vars en warm gedrink as jy n kameel besit, en as jy nie een besit soos ons nie - kan jy dit op die winkelrak kry. Dit bevat blykbaar bestandele, wat help om mens gesond te hou. Veral glo met die genesing van kos alergee in kinders, studies is gedoen om dit te bewys. Dan is daar ook wat se: "A glass of camel milk a day can keep impotency away" .
Kameel melk is in die winkels hier beskikbaar. Dit kom in n paar 'flavours', waar van die arbei geur die lekkerste een is. Op 4 Oktober 2006 is die 'date-flavoured' bygevoeg wat glo die bevordering van die produk versterk. Dit mag dalk so wees maar dit is beslis nie so lekker nie.Daar is beplan om dit uit te voer na 'European supermarkets' wat beteken dit kan dalk daar in S.A. ook n draai maak. Hulle reken dit kan in n multi-billion dollar industrie ontaard.
.jpg)
.jpg)
Dan is daar ook die gewone kameel melk, dit proe ietwat soeter en is witter as gewone melk. Daar is dus een probleem met die vervaardiging van kameel melk, dit is nie geskik vir die virhittingsproses om dit langer te laat hou nie. So daar word nog daaraan gewerk. 
n Groei in die gebruik van kameel melk word gesien, dit word nie net meer gedrink nie, maar dit word gebruik om ander produkte te vervaardig. Kameel melk kaas is onlangs bekend gestel ,sowel as kameel melk chocolate, en daar is kameel melk roomys wat hulle ook besig is om te ontwikkel.
Lyk my enige melk is drinkbaar of wat? Dit is nog net nie oral beskikbaar,
...een van die dae!...
.jpg)
.jpg)