Showing posts with label villa se dak. Show all posts
Showing posts with label villa se dak. Show all posts

Thursday, August 14, 2008

Hier bou ons sandkastele


Kom bietjie op..... met die trappe van ons 'villa', en kom bekyk bietjie die omgewing rondom van b0 af....

Daar was n mooi son ondergang vandag.
Met so bietjie wolke wat dit soveel mooier maak.

Villa's skiet elke dag op soos .... paddastoele

Die paaie word nie so gereeld skoon geskraap soos wat dit moet nie, maar dit sal seker so met tyd verbeter hoe meer en voller dit gebou word.

1...2....3 kan dit wees, nee nie palms..... die silwer een moet ons groet hy gaan terug, na daar waar hy gehuur is. En die ou bronkponie is die tuin nat maker sin.

Ag kyk hoe mooi... ons 'air supply'(A/C) iets wat ons nie sonder kan kla kom nie, ons sal dit werklik nie kan oorleef nie.

Dan is daar werklik groen gras aan die ander kant. Dit is die buurman op die punt se stukkie groen gras. Dit word baieeee.... nat gemaak en nie so gereeld gesny soos wat ons gewoond is om gras te sny nie.


Kyk..... dit lyk of daar teveel 'Olympics' gekyk word.

'His going for gold'

Dit is somtyds nodig om so bietjie laf te wees. Die Lewe raak te erenstig.

Dien die Here met alles,

lag meer,

wees lief vir mekaar.