Saturday, August 23, 2008

Sharjah Aquarium

Ons het die lang pad aangedurf om bietjie te gaan verken. Die keer nog n bietjie verder as wat ons al gery het. Sharjah is die emiraat aan die anderkant van Dubai, so ons het letterlik deur Dubai gery om da uit te kom. Met die gebouery is Sharjah so te se een met Dubai.





Die aquarium is splinternuut as mens dit so kan stel. Hulle het die jaar (2008) oopgemaak, en het al oor 'n 100 000 besoekers gehad. Dit wys jou maar net daar is n behoefte aan natuurlewe. Hier bo,- is die ontvangs, wat jou baie welkom laat voel en die afwagting groot maak op wat kom.....

Jy word gesoen groet deur een van die ou groottes......Welkom

Die Aquarium huisves 30 verskillende spesies visse, wat hulle wil vergroot na 50 met die verloop van tyd. Ons het wel die gevoel gekry dat dit nog aan die begin stadium is. Want die tenke is asemrowend maar die inhoud aan die yl kant.



Ten spyte daarvan, bly dit mooi en rustig om rond te kyk na verkillende kleure en vorms van vislewe.
Hier bo is n glasbrug waaroor mens loop, dit vorm deel van die vis tank. ............Dit toets die geloof..........."walk by Faith"


Die boonste tank was n gunstelling, dit was baie kleurvol, en al het ons nog nie self geduik nie, skep dit n goeie prentjie van hoe dit moontlik lyk in hul natuurlike omgewing.



Die hoof doel van die aquarium is die fokus op karakter-

eienskappe van die UAE se see lewe. So ook die bewaring daarvan.



Hier leer hulle ons dat bome nie net daar is om die woestyn groen te laat lyk nie,

maar dat dit wel ook 'n doel in hierdie ekologie dien.

Hierdie is Mangrove bome en hulle is die enigste bome wat in modder soutwater groei.

en hulle wortels absorbeer suurstof uit die lug uit en sit dit weer terug in die water, en dit help weer vir die voorplanting van sekere vis soorte. Dit bied ook skuiling vir klein vissoorte en die se kleintjies.


Die tonnel hier onder skep die gevoel van onder die water loop.
Die 2 pylsterte so bo jou kop.

Dan kom jy weer by die begin punt uit, en da vra jy, is dit, dit? Want n ou klein seuntjie wou n regte haai sien, en ons het uitgekom sonder om een te sien. Toe moes daar groot verduidelik word,....Want wat se mens vir n ou slim seuntjie as daar n groot advertensie bord by die ingang van n haai is....en jy nie een te siene kry nie (hier onder is hy).





Maar op die ouend het hy net die "visse in die bottels" soos hy dit se geniet, ...So het ons ook op nuuts iets geleer.



Maak nie saak hoe groot of klein die 'bottel' gemaak word nie. Die Skepperhand skep lewe, anders sou ons na lee bottels gaan kyk het . Want lewe kan die mens nie skep nie.

Thursday, August 21, 2008

2 pic blog

Vir die van jul wat nog nie weet, die sal die hoogste gebou in die wereld wees. Hoe hoog presies dit gaan wees sal hul eers kan se as dit klaar gebou is. Dit trek al by 636m. Dit is hoe die vordering lyk van die Burj Dubai.
Daar word gese: 'Burj Dubai is set to be the most prestigeous square mile of real estate on the planet! Mens kan nie regtig die vordering met die oog sien nie.

As ek dit reg het maak die Dubai mall hier naby rond oop. Wat blykbaar die 30 Oktober 2008 gaan wees. Dit mall het al reeds 5 toekenings gewen en is nog nie eers oop. Wat n belewenis gaan dit nie wees.

Wees maar op die uit kyk op die blog, ons gaan beslis daar n draai maak.