.jpg)
Dit is van dag lente dag, hoera die winter is verby. ....Maar wag n bietjie, die jaar hou ons 'herf dag'. Weet nie of daar so n dag bestaan nie, maar ons maak dit sommer van vandag hier in die UAE die 1ste September 'herfs dag' . Want ons ergste hitte is verby?
Die blomme het ons so paar maande gelede met vreugde en kleur oorweldig, toe dit hier lente was. Het gedink 'malvas'(onder) kan enige plek groei, wat waar is maar die oorleef van n siesoen n ander saak. Het hul al 3 verloor in die verloop van die somer. Dit laat mens so bietjie terug laat staan, veral as jy nog jou hele lewe groen vingers gehad het.
'Dat die Skeper Sy Hand oor als hou'
.jpg)
Daar is soveel mooi in die 2 seisoene. Seisoene is so belangrik.Veral in die mens se lewe, dit is nodig sodat jy gesonde vrugte kan dra.
En met verskillende siesoene kom daar groei.
...Geestlike groei en natuurlike groei....
Ek hoop almal da in SA, n paar minute sal vat en net na die nuwe uitloopsels, bloeisels, blomme met al hul geure en kleure in die lug aanskou. Hoopenlik laat dit jou sing...
Dis heerlike lente die winter is verby........
Al is dit "kouerig" weet net die "somer" is oppad.