Thursday, September 4, 2008

Ons doen die hare daans en binne kort die lente daans.......

Vir die van jul wat nog nie weet ons gaan vir n paar weke SA toe.
Gaan so bietjie lente vakansie hou, ek dink ons het dit nodig na die hittige woestyn somer.
Moet se ons het dit oorleef en ons staan nog met al 2 voete op die grond.
Sal nog van dag en more iets op blog sit, sal dan kyk of ons van uit SA kan blog.Kom kyk maar kort, kort dalk is jul gelukkig met n nuwe nuus brokkie of sal ek se 'Bloggie'

...... hier onder is n deergang wat onder die paaie loop, tot by die see gedeelte.
Die gang bevat die mooiste 'mosaic' tonnele.











....wel ons gaan die lente daans geniet, net so baie soos die hare daans van woestyn(hier bo) wys nog more n deel van die tonnel tot by die einde.........

Tuesday, September 2, 2008


Suid Afrikaanse Droe wors


Die droe wors het ons op af gekom by ons supermark 'carrefour'.
Het altyd by ons SA slaghuis gekoop naby die vismark, maar dit is bietjie ver vir ons om te ry as die lus jou vasvat.
Daar is nie veel om van dit te se nie, net dat dit baie lekker is. Dit word wel in Dubai gemaak, maar is nog steeds trots Suid Afrikaans.


Agter op staan:

Prepared in the UAE by

Nils & Robby Butchery

P.O.Bux 49337, Dubai

according to the original

Voortrekker recipe


Monday, September 1, 2008

2 seisoene

Dit is van dag lente dag, hoera die winter is verby. ....Maar wag n bietjie, die jaar hou ons 'herf dag'. Weet nie of daar so n dag bestaan nie, maar ons maak dit sommer van vandag hier in die UAE die 1ste September 'herfs dag' . Want ons ergste hitte is verby?




Die blomme het ons so paar maande gelede met vreugde en kleur oorweldig, toe dit hier lente was. Het gedink 'malvas'(onder) kan enige plek groei, wat waar is maar die oorleef van n siesoen n ander saak. Het hul al 3 verloor in die verloop van die somer. Dit laat mens so bietjie terug laat staan, veral as jy nog jou hele lewe groen vingers gehad het.


'Dat die Skeper Sy Hand oor als hou'


Daar is soveel mooi in die 2 seisoene. Seisoene is so belangrik.Veral in die mens se lewe, dit is nodig sodat jy gesonde vrugte kan dra.


En met verskillende siesoene kom daar groei.


...Geestlike groei en natuurlike groei....



Ek hoop almal da in SA, n paar minute sal vat en net na die nuwe uitloopsels, bloeisels, blomme met al hul geure en kleure in die lug aanskou. Hoopenlik laat dit jou sing...



Dis heerlike lente die winter is verby........



Al is dit "kouerig" weet net die "somer" is oppad.