Monday, June 30, 2008

Burj al Arab

Het die keer n bietjie nader gekom en die hotel beter gesien.
Dit is die Burj al Arab hotel in Dubai, die wereld se enigste 7 ster hotel. Dit is 280 meter hoog en ook natuurlik die duurste hotel in die wereld.
Die goedkoopste kamer begin by $1,000 en die duurste een gaan tot $28,000 per nag.
Dit is op n mens gemaakte eiland gelee , so heel op sy eie. Daar is ook n ander hotel oorkant hom, maar die res van die geboue is n ent van hom af.


Die ou gewone mens wat nie daai tipe geld het om daar te kan bly nie, kan darm op die strand langsaan swem. Op 'Jumeirah Beach'.


Dit is nie soos daar in SA waar jy stadig in beweeg as gevolg van die koue water nie, jy kan met gemak die see inloop want die water is lou warm.




Dit lyk so lekker, wil net jou skoene uit skop en die see inhardloop. maar as jy uit die 'kar' klim, slaan die hitte jou asem weg. Al is da 'n windjie in die lug, is als een temperatuur, die wind, die sand, die water en 'u name it'.


Dit was nogal 'jameel' gewees om 'na'zara'. Maar die gebruis van golwe is so deel van die see vir ons. Dit is so half onnatuurlik om die see so stil te sien.
'jameel'-'mooi' in arabies
'na'zara'-'om te sien' in arabies

Om die hotel uiteindelik in lewende stene te sien was nogal 'n vooruitsig. En nou dat die dag aangebreuk het, moet ons net die 't-shirt' kry dat ons hier was! Sonder 'n goeie sterk sonbril kan mens maklik chinees ogies trek met die son se kwaai intensiteit.


Ons'e ouma se sonskyn straaltjie het 'n ou uiltjie geknip, met ons besoek aan die hotel, waarin 'celebs' soos Katie Holmes kom bly. Wie weet, dalk het die Here in sy droom vir hom 'n onbeskryflike hemelse mooi laat beleef. En hy is beslis bestem vir groter dinge as 7 sterre!










Friday, June 27, 2008

Fietsry, Braai en mooi sonsondergang!

Dit is vandag Vrydag, wat beteken dit is ons Sondag. Met die sonnetjie wat so pragtig sak in die verte agter ons villa se kompleks, is dit die ideale tyd om my nuwe fietsie te ry! Ek kon nog so 'n rukkie terug glad nie ry nie, en vandag in die 'shopping centre' spring ek toe mos op die ene, en ry toe so pragtig, dat die mense sommer stil gaan staan en kyk. Pappa en Mamma moes toe maar net hom in die trollie sit, en dit is toe dat ek sommer bo op die fiets in die trollie klim en sy klokkie lui, regte klein karnallie! Terwyl die son sak en pappa se braaivleisvuur lekker vlamme gooi, het hy gou die foto geneem. Vanaand is die humiditeit nie so erg nie, inteendeel kan mens dit nie eers sien nie, wat beteken dat dit 'n lekker aand buite gaan ees, met temperature net onder die 40 grade vir die nag. Hulle bou nou al hoe meer villas hier, ons kort nou net 'n shopping mall hier naby. Hoop dit kom gou!

Hier het pappa sy hande, of eerder sy bene vol om by te hou by die seuna! Hy het hom nie twee keer laat nooi om buite die kompleks in die straat sy nuwe rooi fiets uit te probeer nie, en het so vinnig gery dat pappa moes uithaal en wys om by te bly. Hier kom ons twee by die hek in, met die Dubai-Al Ain snelweg se ligte wat daar agter skyn. Nou is ons reg om 'n lekker vleisie en wors op die kole te gooi! En dan lekker te doeks daarna. Wat 'n lekker dag! " 'N MENS MOET ELKE DAG TEN VOLLE LEEF, ELKE DAG HET NET 86400 SEKONDES, EN AS DIT VERBY IS, DAN KRY NIE 'N ENKELE EEN VAN HULLE WEER TERUG NIE"

Thursday, June 26, 2008

Lughawe Parkie

Ons het vir dada by die werk gaan haal, en by die werk in die parkeer area is daar 'n parkie. Ons het nog nie daarin gegaan nie, want van buite af het dit nie mooi gelyk nie. Maar toe ons daar in gaan toe lyk dit soos 'n paradys met al die mooi voels en die lower groen gras. En die speel goed word baie mooi in stand gehou.
Oeee mamma, kyk net die baie slides, ek gaan die jange slide, Tom jata, tom dadda!!
Dit is mos die lewe!! Die pragtige dingetjie is skaars onder dan se hy weer dada, nog 'n keer dada! En so het dit aan gegaan van die een 'slide' na die ander. Oe dis mos sooo lekker dada, reken hy toe hy gou rus vir 'n slukkie koeldrank.
Na 'n rukkie ondek hy die swaai, 'tom mamma tom'- hy ruil mos die 'k' met die 't'. Daar is nie 'n manier wat mamma uit die een gaan kom nie.. dankie tog mamma se bas pas in die swaai, en was dit prettig.
Nou is die slides sommer vergete en dis van maak(swaai) my groot, nog groter Jata -groter beteken hoer,
Wel die foto spreek vir homself, uitgepit, op gespeel en sop nat gesweet. Nie eers 2min in die kar nie toe is hy weg na droomland toe.

Wednesday, June 25, 2008

Marina mall se 'sneeu slopes'

Hierdie is die naaste mall aan ons huis, en dan moet ons byvoeg dit is 'n volle 38km van ons huis af ,maar soms 'n uur se ry, want die verkeer is woes veral van die woestyn kant, na die eiland gedeelte, en dis waar die mall gelee is.
, Na 'n ruk lange window shopping het die maagie van 'n klien seuntjie begin grom, by die eetplek langs die nuwe skie slope , wat in ons mall ook nou binnekort gaan oop maak, die mense wat by die skie slope gaan werk,het hulle moves uit probeer, en met die opkoms na die bopunt van die slope kon hulle dit nie weerstaan om vir hierdie pragtige blonde kop seuntjie te waai wat hulle met soveel belangstelling uit kyk nie.

Dit lyk lagwekkend as mens sien hoe mense so dik aan getrek is op 'n dag wat dit 43c is.Maar dit is verseker nodig want ons weet nie hoe hulle dit reg kry nie maar dit is beslis baie koud daar binne, want die koue slaan sommer deur die duk vensters so dat mens sommer wil skyf na ander tafel.



Die stoom fontein in die middel van die mall is 'n groot 'lok aas' veral vir toeriste, dis nogal asemrowend om die water skouspel te aanskou.



Ons noem hierdie mooi wat hulle gemaak het 'n 'lok aas' omdat mens ongelukkig van hierdie tipe 'miners' (durbs se voels wat volop is..jul weet wat dit genoem word)kry. Hulle hou nou al wat 'n mens is dop en kyk wat hul kan sien...dit is regtig lastig..

Sien wat ons bedoel ............


Hier is 'n paar local's. Ja die mans is elke dag so geklee. En die lappe op die kop verskil soms van kleur, ons is self nog nie seker wat dit regtig voor is nie maar somminge mense reken dit is die veskillende 'tribes' wat mens kry.

Oppad huis toe was ons lus vir biltong, hierdie is ons 'butcher' se kar.
Hy is...- proudly South African.








Tuesday, June 24, 2008

Berge in Al-ain

Uit eindelik, sien ons regte woestyn! Nog 'n dag van 'spookasem' weer, maar niks weerhou ons om te gaan verken nie.
Ons eerste stop is in Jebel Hafeet Mountain. Dit is die 'hot springs' van Green Mubazzarah. Die mense van hierdie omgewing glo dat dit geneesende water is , wanneer jy jou voete daarin sit, alhoewel daar sowaar toeriste is, wat in daardie kookende warm water met hul hele lywe in baljaar.

Tussen hierdie rots gesteentes, is daar moeite gedoen om die vaal kleur te kamo'fleer'...


Die 'hotspring' water wat van die berg deur 'n kanaal af gevoer word,na die groot fontein. Hier onder is ons ou liefie ding, wat probeer om sy voetjies in die water te druk, maar dit was so warm dat hy sommer die heuweltjie op gehardloop het.

Heel verontwaardig omdat sy voetjies in die water gebrand het.


'n Pitstop by 'n mall,- kry ons 'n eetplek wat ons ken, ons liefling ding kry 'n kiddys meal, maar verkies toe die 'boompies' (broccoli) in mamma se bord, en smul te lekker daar aan.

Hier is ons eerste ontmoeting- met soos hulle dit noem 'Ships of the sand'. Vroeer jare het dit hulle 5 dae lank gevat op n kameel, van Al-ain tot in Abu-Dhabi. Ons het nog nie 'n regte kameel gesien nie, maar glo ons gaan nog baie van hulle tesiene kry.


Jata!! hoe ry mens die ding? ' Ek wil op klim'!!



Met die lang pad huis toe ( 1 en halwe uur) sien ons weer vir ou laas die rooi woestyn. Die UAE bestaan uit 7 emirate elke emiraat het n unike kleur sant, ons het by die huis wit sant. Dit is iets wat mooier lyk as jy dit sien met jou eie oe, as op n foto.

Met die son wat laag le, wonder mens waar kom die hitte vandaan. Die son lyk dof en flou,
maar steek jou kop by die kar se venster uit om n foto te neem, kom jy gou agter hoe dit lyk is nie noodwendig hoe dit voel nie.
So 'looks can be deceiving' soos meeste dinge in die lewe.
Ons groet jul met die volgende vers:....
Luk 6:37-En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie....
SHALOM!









Monday, June 23, 2008

Late night swimming


Hoe sal jul die weer beskryf as jul die foto sien? Verseker lyk dit of dit kan koud wees, maar nee dit is beslis nie koud nie. Hierdie fotos is half 8 die aand geneem met 'n tempratuur van 38c. Ons kon dit net nie meer uit hou nie, ons moes net gaan lyf nat maak.

Hier is die 3-manne in die water. Nee Jay kry beslis nie koud nie ,hy voel net goor want hy was bietjie siek, en natuurlik se sy brein vir hom dit lyk koud alhoewel dit wat hy voel beslis nie klop met wat die brein dink nie.


En hier is sy mamma se klein sufer boy! Te pragtig probeer hy sy surfing houding gooi! Man, sal dit nie nice wees as die mannietjie 'n pro van Aus'ie word nie?

En hier is die trotse dad, met sy suffer boy'tjie. Lekker speel hulle en mamma roep,maak klaar ons moet huis toe gaan dis al slaap tyd, maar boetie se nee mamma, nog net 5 veniete (nie muniete nie) so ja, dit word altyd 10-30min.

Wanneer ek so na ons klein mensie kyk, en hy sy mamma en dadda so mooi iets vra, en sy mamma en dads nie nee kan se nie, Dan besef mens opnuut wat ons Vader vir ons nie als doen nie, soms vra ons vir Hom iets so mooi uit ons harte uit dat Hy ook seker nie nee kan se nie, maar dan moet mens die prys as gevolg van jou keuse betaal. Gelukkig is God groot en hy maak dit altyd weer beter. Want ons is Duur gekoop!! En Hy is vir ons net so baie lief soos ons ons klein mensies het.

Sunday, June 22, 2008

Kamera gereed Aksie!

Dit lyk of ons in 'n fliek scene van die jaar 3000 in ry, dis net 'n gebouery waar jy kyk.
Dit is met ons 2de probeer slag wat ons iets te siene gekry het.Die eerste keer moes ons terug draai weens baie sand en wind met ander woorde 'n sandstorm. Die 2de keer was ons brawer, het in deinsirige weer gery, dit het gelyk soos een groot spookasem. Ons prentjie van oor 'n duin of 2 ry het gou verdwyn.



'n Mall bly nie meer net 'n mall aan die kant van die aardbol , dit is van oud tot jonk se 'play ground'. Die normale mens sal nie buite kan oorleef nie.Kyk na die boonste piek,- dis die voorkant van die mall, en dan na die onderste een die agterkant 'daai ding met die rooi lig'. Die bou styl verskil dag en nag. En hier het ons wit somers - glo dit of nie...soos die volgende foto vir jul wys...


In die binnekant is dit 'n gedruis van geluide, van vreemde tale, tot grommende pense,-'my pa sal se.. net 'n dier het 'n pens, 'n mens het 'n maag'. As jy jou maag wil stil maak is die besluit nogal groot. Waarvoor is jy lus, is die vraag? Dan, daai plek lyk nice met die uitsig! Die opsies is nogal groot en moeilik as als nuut en lekker lyk. 'FRIDAYS' was dit toe gewees...


'In here it is always FRIDAY'

Wat kan nou lekkerder wees as om 'n 'westerlike' vrydag elke dag te kan he!?
Die kos was heerlik en die diens was iets anders, veral met die waiters wat anders aan getrek is, en die vibe was vars en iets anders.



Die uitsig van uit FRIDAYS is op die sneeu park waar jy jou kan verbeel jy is in die Alpe.



'n Jas en 'n hoed word als saam gehuur, vir die buiten gewone koue van binne teenoor die buiten gewone hitte van buite. Dit is maar net nie die ware jakob nie. Naby genoeg moet ek se, beter mens gemaak glo ek nie kan jy kry nie.



Selfs die gewone ou 'mary go's a round' sal jou 'hart se punt' hom laat gate uit geniet. Al sit hy op 'n einaardige groot gogga, is elke oomblik die moeite werd. Met die tyd wat vir niemand stil staan, moet die laaang pad huis toe aan gedurf word. En net soos ons die muvie scene ingekom het, het ons dit verlaat. Het nog 'n paar keer in die strate van Dubai gery, maar kon nie veel sien met die spookasem in die lug nie.



As jy lank genoeg staar na die foto hier bo, kan jy die bekende landmerk van Dubai sien,-dit word genoem die BIRJ AL ARAB, dit was nie uit fokus nie, net onsigbaar, - en ons was minder as 'n kilometer van hom af.
Sal as die Here ons spaar nog baie te siene kry van hierdie swart goudstad.
Wanneer mense al hierdie mooi sien en aanskou, wat deur die mens gemaak is, kan mens nie anders as om te dink wat ons Vader van dit als dink nie. Hy is immers die Skepper van die heelal! Dit laat ons aan die laaste dink:- en dis waarmee ons jul los vir vandag...
Die Here stel nie belang in ons geld nie, maar wel in ons harte.
Hoe is jou hart met ons Skepper?










begin van groot dinge!

Daar is so baie wat mens kan se, van 'n nuwe dag. Dit is die begin van die onbekende, die afwagting van wat gaan gebeur, die hoop op sukses, liefde, vrede, geluk, om lug uit testraal waar daar donkerte is, want hitte is energie, 'n brandstof vir selfs die klienste plantjie.
Daar word gese: die dag word bepaal deur watter voet jy gebruik om uit die bed uit te klim? Wat van as iemand langs jou le? Of jy klim eenkant in raak aan die slaap en word wakker en klim dan aan die ander kant van die bed uit? Wat van die mens met geen voet? Mens se omstandighede is soms die oorsaak van hoe die dagbegin en eindig. Maak die keuse om die dag elke dag te gebruik watter voet ookal, om jou beste te wees, onthou jou beste is dalk soms nie iemand anders se beste nie. Die Here het jou gemaak op sy skaal wat gekalebreer is voor jy gemaak is, elkeen anders.
Maak vandag 'n dag van groot dinge, al is dit met 'n klein begin!
Die blog is die begin van ons groot dinge, 'n terug flits na 'n gewone dag met 'n buiten gewone einde, op 'n reistog na die onbekende....
Spreuke 15:30 - 'Stralende oe bring blydskap, goeie tyding verkwik 'n mens.'
Jesus se seen op jou!
SHALOM