Monday, July 6, 2009






Dates




(dadels)








Duisende jare terug was dadels stapel voedsel vir die midde ooste se mense, . Daar word geglo dit het hul oorsprong rondom die Persiese golf .







Date palm bome het n afsonderlike manlike en vroulike boom. Waarvan die vroulike boom die dadels dra





Dadels het 4 vases in hul ryp wording proses. Elk van die vases word gewoonlik deur die arabiese woorde uit geken.


1. kimri (onryp)


2. khalal ( volle grote, 'crunchy')


3. rutab (ryp, sag)


4. tamr (ryp, son -droog)





Dit vat n palm boom 7-10 jaar na dit geplant is voor dit vrug dra



n Volwasse boom kan 80-120 kg dadels produseer.



Maar aangesien dit nie op een slag ryp word nie, word daar sakkies om vas gebind sodat hul groter kan vorm en nie deur voels op geeet word nie.










Droog of sagte dadels word baie meer as net as n vrug gesien. Dit word soms ontpit en op gestop met lekker goed soos almonds, walnuts, stukkies lemoen , room kaas, of sommer verskillende kleur en geur chocolade. Dit word dus n lekker soet happie. Dadels wat nog hul pit binne het word soms verwys as 'stoned dates'. Die hier bo was ons 'treat' pakkie op die dadel tyd wat aan die kom is.




Die palms is op die oomblik vol van die dadels en is besig om gou ryp te word. En sommiges se sakkies is al op en gereed vir die eerste oes.






Gedroogte dadels (eetbare parte)
Nutritional value per 100 g (3.5 oz)
Energy 280 kcal 1180 kJ
Carbohydrates 75 g
- Sugars 63 g
- Dietary fibre 8 g
Fat 0.4 g
Protein 2.5 g
Water 21 g
Vitamin C 0.4 mg1%
Manganese 0.262 mg
Percentages are relative to US recommendations for adults.Source: USDA Nutrient database




meeste van inligting verkry op wikipidia

Friday, July 3, 2009

on top

Ons was n rukkie gelede op die berge in Al ain,
die 'Jebel Hafeet Mountain'




Die jebel Hafeet berg is ongeveer 1240 meter en verskaf n mooi prentjie van bo af. Die pad op met die berg is 11.7km wat jou tot en met die hoogte van 1219m vat


Daar word beweer op die site waar op ek afgekom het dat dit
die beste ry pad in die wereld,en dit kan maklik gesien word as die 8st wonder van die wereld, daar is glo bitter min bekend oor die bou van die pas. http://www.edmunds.com/insideline/do/Features/articleId=109278







Ons het op die regte tyd da aangekom en is met die mooi prentjie beloon.



...Wanneer jy deur
die donker loop,
sal geen vrees
jou beetbak nie.
Wanneer jy oor
n hoe berg moet klim,
sal Hy nie jou hand los nie...



Saturday, June 20, 2009

wasgoed

......so het elke mens sy of haar was goed wat gewas moet word,
of dit nou in SA of in UAE is.
Kan mens geken' merk' word deur wat op jou wasgoed rak hang?
Die hier bo is n inwoner in die nie so mooi deel van Dubai.
Mat 6:25
Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?

Thursday, June 11, 2009

Free Layouts for MySpace

I made my layout with the Myspace Background Maker. Get myspace layouts, graphics, and flash toys at pYzam.
stil see
blou see

mooi see

sit en kyk see
vis see
ons stil,blou,mooi,sit en kyk vis see.

Thursday, May 21, 2009

Saturday, March 28, 2009

'Game Plan'

So nou en dan maak ons n draai by die speel plek vir oud en jonk. Dit gebeur nogal op n gereelde basis, veral as dit nogal bietjie warm buite is.
Daar word van 'n sports motor tot met 'n fiets gery.


'n bietjie oefen op die 'wilde waters'



en dan soos oupa op sy motor'bike...

....en nog n keer.

Glo nie mens ontgroei dit nie, en vir die wat wel het......groei terug daarin, en gaan doen iets wat daai kind in jou wakker maak!

Friday, March 13, 2009

foto sonder woorde

Wat kan mens meer se .... en doen....












as om lui lekker die mooi dag te geniet...



(kyk net die oom en tannie wys hoe word dit gedoen...)



Sunday, March 1, 2009

Abu -Dhabi's 'Central Park'

Ek weet nie wat is die park se naam nie, maar ek het hom so pas die Abu-Dhabi central park gedoop. Dit laat my dink aan die gewilde central park van Amerika, waar ons nog een dag n draai gaan maak . Dit kom seker nie naby daadrdie een nie, maar dit is die grootste park wat ons nog by was op die eiland.
Dit was lekker rustig en stil, Ek kan maar net dink hoe die plek op 'n vrydag lyk.

Dit is nie ver van die see en mall nie, al 3 is n klip gooi van mekaar af. Hier bo kan mens die glinster van die son op die water sien en dan die tent-gedoentes, wat die Marina mall is.


Hier bo kan mens mooi die grootheid van die park sien. Aan die ander kant is daar nog n groot gedeelte.
(Die boonste foto is geneem uit die toring hier onder).


Om by die ander kant se gedeelte uit te kom loop mens onder deur n brug met die mooiste teel werk.

Die is net 2, van vele meer wat daar te sien is.






Ons het ons pieck-nieck mandjie gepak en in kar geklim, min geweet ons gaan iets ondek wat mens n juweel van 'n plek kan noem.

Wednesday, February 25, 2009

الربيع هنا

"Lente is hier"..........
daar gebeur iets, maak jou oe toe en luister...., maak jou oe oop en kyk.
Daar is iets in die lug, stof ja... maar n mooi ding wat gebeur.
Dit is die tyd van groei en vrug dra.
n Mens is geneig om seisoene te skiep en te se: "die somer is hier". Veral hier,- want die oorgang van koud na warm is so drasties, mens vergeet die ergste hitte kom nog.
Hier bo kan mens die uitloopsels van die palmboom sien -die vrug is besig om kop uit te seek.
Terselfde tyd stoot daar nuwe blare uit.

Die stad is getooi met blomme, "petunias" - al die kleure van die reenboog. Dit het hul die hele winter gevat om te lyk soos wat hul nou lyk. 'n Aanwysing, vir die wat n oomlik stil kan staan in die gejaag van die lewe, en werklik kyk en sien wat aan die gebeur is.
Die 'moeilike' winters is tog nodig.
Ja, vir die wat se: dit is net nog 'n seisoen en volgende jaar is daar weer een , wie weet, dalk nie ...

Die onderkant van wereld se herf is op hande, so sien eerder die mooi en die doel daarvan raak, as om teen die koue wat kom vas te staar.



Mag die (ثمرة الروح ) vrug van die Gees in elke seisoen van jou lewe sigbaar wees.


Tuesday, February 17, 2009

Dubai mall/ Burj Dubai


Nou Ja, daar is dit; 818 m die hoogste gebou in die wereld. Dit is nog nie klaar gebou nie maar dit is waar hulle gaan stop.
Die voltooi'ing van hierdie bou werk is vertraag, weens wat dink jul....? Nee Nie 'n tekort aan geld nie, nee, nee......maar van te veel geld.
Ja, dit was asgevolg van die opgradeering van die afrondings werk.
Die luukse afrondings wat in 2004 deel van die bou plan was, is vervang deur luukser afrondings.
Die ontwikkeling behels, die grootste mall in die wereld 'Dubai mall', 30 000 blyplekke(appartments) 9 hotele, 3 hektaar 'parkland',12 hektaar mens gemaakte 'lake' en tenminste 19 'residential towers'

Sheik Mohammed Bin Rashid Al Maktoum het besluit om die ontwikkeling te begin sodat Dubai op die kaart gesit kan word , so asof hulle nie al klaar op die kaart is nie.
(Min mense weet waar Abu-Dhabi is, maar wanneer jy se Dubai dan weet hulle)

Hier bo kan jul sien van die winkels is nog toe en afgeskort, Die amptelike oop maak tyd is September 2009. Blykbaar wil hulle dit die 9de van die 9de maand op die 2009ste jaar doen so met ander worde 09-09-'09..
So by daar die tyd sal al die winkels oop wees, nie net hier en daar een nie.

Die afrondings is nogal iets vir die oog, dan is daar ook die interssante hoekkies soos die 'arabian souks'


En, waar jy op n 'groot stoel' kan sit, en dink hoe dit gaan voel om eendag op 'n hemelse troon te sit







Hier bo is die inter-seksie van die mall, kyk bietjie links bo die kamera, wat in die ronte draai. Natuurlik is die mall soos die res van die stad vol van die kameras.

Dan is daar ook die grootste glas vis tenk op aarde, met oor die 33,000 visse in. Met haaie en stingrays.Dit is ongelooflik om te dink dat glas soveel visse en water kan inhou.


Hierdie is die vis tanks gesien van die 2de verdieping af en jy kan selfs nog van die 3de verdieping af 'n asemrowende prentjie van die storie bekyk.

Om elke hoek en draai is daar nog iets om te sien.


Die duiker was nogal goed gedoen , so vry .

Die boonste foto is nogal funny , kyk na die naam en die tipe winkel wat dit is. Het nogal gedink dit is snaaks.



Daar is ook n groot ys skaats baan.
En nog so veel om te sien...



....maar daar is net so veel ure in n dag, die son le al laag, en daar le nog n lang pad huis toe in die verkeer....
inligting verkry by:[http://en.wikipedia.org/wiki/Burj_Dubai