Tuesday, August 26, 2008

n kykie na Sharjah









Sharjah is die 3de grootste emiraat van die UAE, en het ongeveer 800 000(2008) inwoners. Dit is die enigste emiraat wat land het aan die 'Persian Gulf' sowel die 'Gulf of Oman'







Die emiraat is ook bekend as die 'Cultural Capital' van die UAE. Dit is Dubai se sister stad aan gesien dit so naby mekaar gelee is, vir ons het dit gevoel of hul deel van mekaar is.








Volgens Wikipedia is dit die enigste emiraat wat die verkoop, besit en inneem van alkohol verban . Daar is ook n wet wat ingekom het van 2001 dat mans en vroue n konserwatiewe drag kode het om te volg.




En dan is die meng van on-getroude mans en vroue onwettig is; (A man and a woman who are not in a legally acceptable relationship should not, according to the booklet, be alone in public places, or in suspicious times or circumstances.")












Sharjah is so 170km van Abu Dhabi af, en ons het nie veel tyd oor gehad om die dorp te verken nie. n Dag is te kort vir als wat mens wil doen, da was net genoeg tyd om die aquarium te besoek. Wou die pad terug ry voor dit donker word, jul weet mos wat gebeur op vreemde donker paaie, mens kan lekker verdwaal. (Ja dit kan wel gebeur al het jy n GPS in Dubai want daar in nog baie paaie onder konstruksie.)








Ons sal seker in die toekoms weer daar n draai maak.















Saturday, August 23, 2008

Sharjah Aquarium

Ons het die lang pad aangedurf om bietjie te gaan verken. Die keer nog n bietjie verder as wat ons al gery het. Sharjah is die emiraat aan die anderkant van Dubai, so ons het letterlik deur Dubai gery om da uit te kom. Met die gebouery is Sharjah so te se een met Dubai.





Die aquarium is splinternuut as mens dit so kan stel. Hulle het die jaar (2008) oopgemaak, en het al oor 'n 100 000 besoekers gehad. Dit wys jou maar net daar is n behoefte aan natuurlewe. Hier bo,- is die ontvangs, wat jou baie welkom laat voel en die afwagting groot maak op wat kom.....

Jy word gesoen groet deur een van die ou groottes......Welkom

Die Aquarium huisves 30 verskillende spesies visse, wat hulle wil vergroot na 50 met die verloop van tyd. Ons het wel die gevoel gekry dat dit nog aan die begin stadium is. Want die tenke is asemrowend maar die inhoud aan die yl kant.



Ten spyte daarvan, bly dit mooi en rustig om rond te kyk na verkillende kleure en vorms van vislewe.
Hier bo is n glasbrug waaroor mens loop, dit vorm deel van die vis tank. ............Dit toets die geloof..........."walk by Faith"


Die boonste tank was n gunstelling, dit was baie kleurvol, en al het ons nog nie self geduik nie, skep dit n goeie prentjie van hoe dit moontlik lyk in hul natuurlike omgewing.



Die hoof doel van die aquarium is die fokus op karakter-

eienskappe van die UAE se see lewe. So ook die bewaring daarvan.



Hier leer hulle ons dat bome nie net daar is om die woestyn groen te laat lyk nie,

maar dat dit wel ook 'n doel in hierdie ekologie dien.

Hierdie is Mangrove bome en hulle is die enigste bome wat in modder soutwater groei.

en hulle wortels absorbeer suurstof uit die lug uit en sit dit weer terug in die water, en dit help weer vir die voorplanting van sekere vis soorte. Dit bied ook skuiling vir klein vissoorte en die se kleintjies.


Die tonnel hier onder skep die gevoel van onder die water loop.
Die 2 pylsterte so bo jou kop.

Dan kom jy weer by die begin punt uit, en da vra jy, is dit, dit? Want n ou klein seuntjie wou n regte haai sien, en ons het uitgekom sonder om een te sien. Toe moes daar groot verduidelik word,....Want wat se mens vir n ou slim seuntjie as daar n groot advertensie bord by die ingang van n haai is....en jy nie een te siene kry nie (hier onder is hy).





Maar op die ouend het hy net die "visse in die bottels" soos hy dit se geniet, ...So het ons ook op nuuts iets geleer.



Maak nie saak hoe groot of klein die 'bottel' gemaak word nie. Die Skepperhand skep lewe, anders sou ons na lee bottels gaan kyk het . Want lewe kan die mens nie skep nie.

Thursday, August 21, 2008

2 pic blog

Vir die van jul wat nog nie weet, die sal die hoogste gebou in die wereld wees. Hoe hoog presies dit gaan wees sal hul eers kan se as dit klaar gebou is. Dit trek al by 636m. Dit is hoe die vordering lyk van die Burj Dubai.
Daar word gese: 'Burj Dubai is set to be the most prestigeous square mile of real estate on the planet! Mens kan nie regtig die vordering met die oog sien nie.

As ek dit reg het maak die Dubai mall hier naby rond oop. Wat blykbaar die 30 Oktober 2008 gaan wees. Dit mall het al reeds 5 toekenings gewen en is nog nie eers oop. Wat n belewenis gaan dit nie wees.

Wees maar op die uit kyk op die blog, ons gaan beslis daar n draai maak.

Thursday, August 14, 2008

Hier bou ons sandkastele


Kom bietjie op..... met die trappe van ons 'villa', en kom bekyk bietjie die omgewing rondom van b0 af....

Daar was n mooi son ondergang vandag.
Met so bietjie wolke wat dit soveel mooier maak.

Villa's skiet elke dag op soos .... paddastoele

Die paaie word nie so gereeld skoon geskraap soos wat dit moet nie, maar dit sal seker so met tyd verbeter hoe meer en voller dit gebou word.

1...2....3 kan dit wees, nee nie palms..... die silwer een moet ons groet hy gaan terug, na daar waar hy gehuur is. En die ou bronkponie is die tuin nat maker sin.

Ag kyk hoe mooi... ons 'air supply'(A/C) iets wat ons nie sonder kan kla kom nie, ons sal dit werklik nie kan oorleef nie.

Dan is daar werklik groen gras aan die ander kant. Dit is die buurman op die punt se stukkie groen gras. Dit word baieeee.... nat gemaak en nie so gereeld gesny soos wat ons gewoond is om gras te sny nie.


Kyk..... dit lyk of daar teveel 'Olympics' gekyk word.

'His going for gold'

Dit is somtyds nodig om so bietjie laf te wees. Die Lewe raak te erenstig.

Dien die Here met alles,

lag meer,

wees lief vir mekaar.

Wednesday, August 13, 2008




"Happy Birthday"

means much more

Than have a happy day.

Within these words lie lots of things

I never get to say.
It means I love you first of all,

Then thanks for all you do.

It means you mean a lot to me,

And that I'm proud of you.
But most of all, I guess it means

That I am thinking of

Your happiness on this, your day,

With pleasure and with love.

Mag jou beker oorloop die nuwe jaar wat ons Vader by jou lewe toe gevoeg het.

En mag dit vol liefde, vreugde en gesondheid wees!!

Ons is baie lief vir jou!

Geniet jou dag!

mwa!!