Saturday, March 28, 2009

'Game Plan'

So nou en dan maak ons n draai by die speel plek vir oud en jonk. Dit gebeur nogal op n gereelde basis, veral as dit nogal bietjie warm buite is.
Daar word van 'n sports motor tot met 'n fiets gery.


'n bietjie oefen op die 'wilde waters'



en dan soos oupa op sy motor'bike...

....en nog n keer.

Glo nie mens ontgroei dit nie, en vir die wat wel het......groei terug daarin, en gaan doen iets wat daai kind in jou wakker maak!

Friday, March 13, 2009

foto sonder woorde

Wat kan mens meer se .... en doen....












as om lui lekker die mooi dag te geniet...



(kyk net die oom en tannie wys hoe word dit gedoen...)



Sunday, March 1, 2009

Abu -Dhabi's 'Central Park'

Ek weet nie wat is die park se naam nie, maar ek het hom so pas die Abu-Dhabi central park gedoop. Dit laat my dink aan die gewilde central park van Amerika, waar ons nog een dag n draai gaan maak . Dit kom seker nie naby daadrdie een nie, maar dit is die grootste park wat ons nog by was op die eiland.
Dit was lekker rustig en stil, Ek kan maar net dink hoe die plek op 'n vrydag lyk.

Dit is nie ver van die see en mall nie, al 3 is n klip gooi van mekaar af. Hier bo kan mens die glinster van die son op die water sien en dan die tent-gedoentes, wat die Marina mall is.


Hier bo kan mens mooi die grootheid van die park sien. Aan die ander kant is daar nog n groot gedeelte.
(Die boonste foto is geneem uit die toring hier onder).


Om by die ander kant se gedeelte uit te kom loop mens onder deur n brug met die mooiste teel werk.

Die is net 2, van vele meer wat daar te sien is.






Ons het ons pieck-nieck mandjie gepak en in kar geklim, min geweet ons gaan iets ondek wat mens n juweel van 'n plek kan noem.