Wednesday, February 25, 2009

الربيع هنا

"Lente is hier"..........
daar gebeur iets, maak jou oe toe en luister...., maak jou oe oop en kyk.
Daar is iets in die lug, stof ja... maar n mooi ding wat gebeur.
Dit is die tyd van groei en vrug dra.
n Mens is geneig om seisoene te skiep en te se: "die somer is hier". Veral hier,- want die oorgang van koud na warm is so drasties, mens vergeet die ergste hitte kom nog.
Hier bo kan mens die uitloopsels van die palmboom sien -die vrug is besig om kop uit te seek.
Terselfde tyd stoot daar nuwe blare uit.

Die stad is getooi met blomme, "petunias" - al die kleure van die reenboog. Dit het hul die hele winter gevat om te lyk soos wat hul nou lyk. 'n Aanwysing, vir die wat n oomlik stil kan staan in die gejaag van die lewe, en werklik kyk en sien wat aan die gebeur is.
Die 'moeilike' winters is tog nodig.
Ja, vir die wat se: dit is net nog 'n seisoen en volgende jaar is daar weer een , wie weet, dalk nie ...

Die onderkant van wereld se herf is op hande, so sien eerder die mooi en die doel daarvan raak, as om teen die koue wat kom vas te staar.



Mag die (ثمرة الروح ) vrug van die Gees in elke seisoen van jou lewe sigbaar wees.


Tuesday, February 17, 2009

Dubai mall/ Burj Dubai


Nou Ja, daar is dit; 818 m die hoogste gebou in die wereld. Dit is nog nie klaar gebou nie maar dit is waar hulle gaan stop.
Die voltooi'ing van hierdie bou werk is vertraag, weens wat dink jul....? Nee Nie 'n tekort aan geld nie, nee, nee......maar van te veel geld.
Ja, dit was asgevolg van die opgradeering van die afrondings werk.
Die luukse afrondings wat in 2004 deel van die bou plan was, is vervang deur luukser afrondings.
Die ontwikkeling behels, die grootste mall in die wereld 'Dubai mall', 30 000 blyplekke(appartments) 9 hotele, 3 hektaar 'parkland',12 hektaar mens gemaakte 'lake' en tenminste 19 'residential towers'

Sheik Mohammed Bin Rashid Al Maktoum het besluit om die ontwikkeling te begin sodat Dubai op die kaart gesit kan word , so asof hulle nie al klaar op die kaart is nie.
(Min mense weet waar Abu-Dhabi is, maar wanneer jy se Dubai dan weet hulle)

Hier bo kan jul sien van die winkels is nog toe en afgeskort, Die amptelike oop maak tyd is September 2009. Blykbaar wil hulle dit die 9de van die 9de maand op die 2009ste jaar doen so met ander worde 09-09-'09..
So by daar die tyd sal al die winkels oop wees, nie net hier en daar een nie.

Die afrondings is nogal iets vir die oog, dan is daar ook die interssante hoekkies soos die 'arabian souks'


En, waar jy op n 'groot stoel' kan sit, en dink hoe dit gaan voel om eendag op 'n hemelse troon te sit







Hier bo is die inter-seksie van die mall, kyk bietjie links bo die kamera, wat in die ronte draai. Natuurlik is die mall soos die res van die stad vol van die kameras.

Dan is daar ook die grootste glas vis tenk op aarde, met oor die 33,000 visse in. Met haaie en stingrays.Dit is ongelooflik om te dink dat glas soveel visse en water kan inhou.


Hierdie is die vis tanks gesien van die 2de verdieping af en jy kan selfs nog van die 3de verdieping af 'n asemrowende prentjie van die storie bekyk.

Om elke hoek en draai is daar nog iets om te sien.


Die duiker was nogal goed gedoen , so vry .

Die boonste foto is nogal funny , kyk na die naam en die tipe winkel wat dit is. Het nogal gedink dit is snaaks.



Daar is ook n groot ys skaats baan.
En nog so veel om te sien...



....maar daar is net so veel ure in n dag, die son le al laag, en daar le nog n lang pad huis toe in die verkeer....
inligting verkry by:[http://en.wikipedia.org/wiki/Burj_Dubai

Thursday, February 5, 2009

Hoender 'Paleis'


Vrydae is die strate maar stil.
Dit is die net die regte tyd vir die 'chicken run'.
die wat ons Sondag, vrydag is en Sondag, Maandag is maak dit die week so veel korter. Want as mens nog nie ingestel is op daai manier van doen nie hou jy Donderdag ,Vrydag en Vrydag , Sondag. Maar in die selfde tyd hou mens naweek soos wat ons dit gewoond is.Vrydag ,as Vrydag en Sondag as Sondag. Maar as mens nie inskakel op hul manier van naweek hou, dan het ons slegs 4 dae in n week.Nie dat ons kla nie net deurmekaar!




Daar is nou nie eers n siel in sig wat die hoender gesin van Abu Dhabi se Vrydag

uitstappie kom steur nie.




Sunday, February 1, 2009

water = lewe

Reg deur die stad om elke hoek en draai is da die geluid van water.
......kalm en rustig.....

so tussen die gedruis van die stad lewe.

Ps: het jy vandag jou 6-8 glase water gedrink?