Tuesday, February 17, 2009

Dubai mall/ Burj Dubai


Nou Ja, daar is dit; 818 m die hoogste gebou in die wereld. Dit is nog nie klaar gebou nie maar dit is waar hulle gaan stop.
Die voltooi'ing van hierdie bou werk is vertraag, weens wat dink jul....? Nee Nie 'n tekort aan geld nie, nee, nee......maar van te veel geld.
Ja, dit was asgevolg van die opgradeering van die afrondings werk.
Die luukse afrondings wat in 2004 deel van die bou plan was, is vervang deur luukser afrondings.
Die ontwikkeling behels, die grootste mall in die wereld 'Dubai mall', 30 000 blyplekke(appartments) 9 hotele, 3 hektaar 'parkland',12 hektaar mens gemaakte 'lake' en tenminste 19 'residential towers'

Sheik Mohammed Bin Rashid Al Maktoum het besluit om die ontwikkeling te begin sodat Dubai op die kaart gesit kan word , so asof hulle nie al klaar op die kaart is nie.
(Min mense weet waar Abu-Dhabi is, maar wanneer jy se Dubai dan weet hulle)

Hier bo kan jul sien van die winkels is nog toe en afgeskort, Die amptelike oop maak tyd is September 2009. Blykbaar wil hulle dit die 9de van die 9de maand op die 2009ste jaar doen so met ander worde 09-09-'09..
So by daar die tyd sal al die winkels oop wees, nie net hier en daar een nie.

Die afrondings is nogal iets vir die oog, dan is daar ook die interssante hoekkies soos die 'arabian souks'


En, waar jy op n 'groot stoel' kan sit, en dink hoe dit gaan voel om eendag op 'n hemelse troon te sit







Hier bo is die inter-seksie van die mall, kyk bietjie links bo die kamera, wat in die ronte draai. Natuurlik is die mall soos die res van die stad vol van die kameras.

Dan is daar ook die grootste glas vis tenk op aarde, met oor die 33,000 visse in. Met haaie en stingrays.Dit is ongelooflik om te dink dat glas soveel visse en water kan inhou.


Hierdie is die vis tanks gesien van die 2de verdieping af en jy kan selfs nog van die 3de verdieping af 'n asemrowende prentjie van die storie bekyk.

Om elke hoek en draai is daar nog iets om te sien.


Die duiker was nogal goed gedoen , so vry .

Die boonste foto is nogal funny , kyk na die naam en die tipe winkel wat dit is. Het nogal gedink dit is snaaks.



Daar is ook n groot ys skaats baan.
En nog so veel om te sien...



....maar daar is net so veel ure in n dag, die son le al laag, en daar le nog n lang pad huis toe in die verkeer....
inligting verkry by:[http://en.wikipedia.org/wiki/Burj_Dubai

5 comments:

Anonymous said...

Hi Jaco. man dit is lekker om die wereld deur jou oe te sien. Ons hoef nie eers te reis om die wereld te sien nie. Dit is regtig pragtig, en jy moet aanhou om dit te doen. Ek sal van nou af uitsien om saam met jou te reis. Jy moet mooi bly en ek is nogal groen van jaloesie. Liefde

Anonymous said...

JA MY SEUN ONGELOOFLIK IS DIT WEL, WYS WAT KAN DIE GELD MAG DOEN EN AS DIT NET REG AANGEWENT WORD. DAARS DAE DAT EK WENS MY NAAM WAS OPERA DAT EK KAN OPSTAAN EN HIERDIE PRAGTIGE LAND VAN ONS MET MAG EN MENING REG RUK. MAAR DAAR IS N NARE DING WAT UITLEK EN DIT IS DAT ELKEEN VIR HOM SELF NEEM EN MIN VOEL VIR DIE RES.EK IS BAIE LIEF VIR MY SLAPIE MAAR WEET NIE OF EK GENOEG TYD GAAN HE ON TE SLAAP AS ONS DAAR IS. TE VEEL DINGE WAT EK WIL GAAN SIEN.MAAR O NEE ONGETWYFEL IDILLIES MOOI.HOU MAAR JOU VINNGER OP JOU KAMMERA KNOPIE EN STEUR DIT DEUR.GENIET DIT DAAR, WAT N VOORREG MY SKAT.MIS JOU EN LIEFDE

Thea said...

Hi Jaco! Dankie vir hierdie lekker interessante kykie na Dubai se nuutste ontwikkeling! Ja nee, ma Adri sal maar genoeg slaap moet inkry voor sy oorgaan. Ek sien sommer daar wag baie opwindende uitstappies daai kant!

Anonymous said...

Hi u!

i am back!

i love this pix! and i so want to visit dubai some time, but 4 this year i am allmost to late becouse of the summer thet is almost on your guys. maybe the end of the year.

have 'n nice week
...me...

Anonymous said...

Is bly jul het die kykie geniet, dit lyk soveel anders deur die oog as die lens, dalk omdat mens nie altyd die hele gevoel daarvan saam kan deer gee nie, slegs een sintuig doen sy werk.

(Ma moet maar daai vitamiene drink, ons gaan die plek rond ry, loop, speel, swem....dat die stof so spat.