Wednesday, February 25, 2009

الربيع هنا

"Lente is hier"..........
daar gebeur iets, maak jou oe toe en luister...., maak jou oe oop en kyk.
Daar is iets in die lug, stof ja... maar n mooi ding wat gebeur.
Dit is die tyd van groei en vrug dra.
n Mens is geneig om seisoene te skiep en te se: "die somer is hier". Veral hier,- want die oorgang van koud na warm is so drasties, mens vergeet die ergste hitte kom nog.
Hier bo kan mens die uitloopsels van die palmboom sien -die vrug is besig om kop uit te seek.
Terselfde tyd stoot daar nuwe blare uit.

Die stad is getooi met blomme, "petunias" - al die kleure van die reenboog. Dit het hul die hele winter gevat om te lyk soos wat hul nou lyk. 'n Aanwysing, vir die wat n oomlik stil kan staan in die gejaag van die lewe, en werklik kyk en sien wat aan die gebeur is.
Die 'moeilike' winters is tog nodig.
Ja, vir die wat se: dit is net nog 'n seisoen en volgende jaar is daar weer een , wie weet, dalk nie ...

Die onderkant van wereld se herf is op hande, so sien eerder die mooi en die doel daarvan raak, as om teen die koue wat kom vas te staar.



Mag die (ثمرة الروح ) vrug van die Gees in elke seisoen van jou lewe sigbaar wees.


4 comments:

Anonymous said...

DIS PRAGTIG MY SEUN, DIS BAIE WAAR ONS ONDERVIND OOK DIE SEISOENE VAN VERANDERRING IN ONS LEWE, WAT WONDERLIK IS,HIER BY ONS IN DIE MOOIE SUID AFRIKA BIGIN DIE LIGGIE BYT EN WEET JY HIER IS IETS AAN KOM, SO KAN NIE WAG DAT JY LAND DAT ONS GOU ALLES KAN OOR PLANT EN REG RUK. IETS OM NA UIT TE SIEN.SO HOU AAN KLICK.

Thea said...

Pragtige inskrywing Jaco! Baie inspirerend!!

Anonymous said...

Dankie, Ja ek gaan een van die dae terug van lente na herf toe, watse seisoen skommel is dit net nie.

Anonymous said...

HI JACO, JONG DIT IS PRAGTIG. WAT SE VERSKIL KAN 'N BIETJIE KLEUR NIE BRING NIE NE. DIT IS PRAGTIG, GENIET JULLE WEER SOLANK AS WAT JULLE KAN, EEN VAN DIE DAE KRY JULLE WEER WARM!!!.