Sunday, June 22, 2008

Kamera gereed Aksie!

Dit lyk of ons in 'n fliek scene van die jaar 3000 in ry, dis net 'n gebouery waar jy kyk.
Dit is met ons 2de probeer slag wat ons iets te siene gekry het.Die eerste keer moes ons terug draai weens baie sand en wind met ander woorde 'n sandstorm. Die 2de keer was ons brawer, het in deinsirige weer gery, dit het gelyk soos een groot spookasem. Ons prentjie van oor 'n duin of 2 ry het gou verdwyn.



'n Mall bly nie meer net 'n mall aan die kant van die aardbol , dit is van oud tot jonk se 'play ground'. Die normale mens sal nie buite kan oorleef nie.Kyk na die boonste piek,- dis die voorkant van die mall, en dan na die onderste een die agterkant 'daai ding met die rooi lig'. Die bou styl verskil dag en nag. En hier het ons wit somers - glo dit of nie...soos die volgende foto vir jul wys...


In die binnekant is dit 'n gedruis van geluide, van vreemde tale, tot grommende pense,-'my pa sal se.. net 'n dier het 'n pens, 'n mens het 'n maag'. As jy jou maag wil stil maak is die besluit nogal groot. Waarvoor is jy lus, is die vraag? Dan, daai plek lyk nice met die uitsig! Die opsies is nogal groot en moeilik as als nuut en lekker lyk. 'FRIDAYS' was dit toe gewees...


'In here it is always FRIDAY'

Wat kan nou lekkerder wees as om 'n 'westerlike' vrydag elke dag te kan he!?
Die kos was heerlik en die diens was iets anders, veral met die waiters wat anders aan getrek is, en die vibe was vars en iets anders.



Die uitsig van uit FRIDAYS is op die sneeu park waar jy jou kan verbeel jy is in die Alpe.



'n Jas en 'n hoed word als saam gehuur, vir die buiten gewone koue van binne teenoor die buiten gewone hitte van buite. Dit is maar net nie die ware jakob nie. Naby genoeg moet ek se, beter mens gemaak glo ek nie kan jy kry nie.



Selfs die gewone ou 'mary go's a round' sal jou 'hart se punt' hom laat gate uit geniet. Al sit hy op 'n einaardige groot gogga, is elke oomblik die moeite werd. Met die tyd wat vir niemand stil staan, moet die laaang pad huis toe aan gedurf word. En net soos ons die muvie scene ingekom het, het ons dit verlaat. Het nog 'n paar keer in die strate van Dubai gery, maar kon nie veel sien met die spookasem in die lug nie.



As jy lank genoeg staar na die foto hier bo, kan jy die bekende landmerk van Dubai sien,-dit word genoem die BIRJ AL ARAB, dit was nie uit fokus nie, net onsigbaar, - en ons was minder as 'n kilometer van hom af.
Sal as die Here ons spaar nog baie te siene kry van hierdie swart goudstad.
Wanneer mense al hierdie mooi sien en aanskou, wat deur die mens gemaak is, kan mens nie anders as om te dink wat ons Vader van dit als dink nie. Hy is immers die Skepper van die heelal! Dit laat ons aan die laaste dink:- en dis waarmee ons jul los vir vandag...
Die Here stel nie belang in ons geld nie, maar wel in ons harte.
Hoe is jou hart met ons Skepper?










1 comment:

Anonymous said...

dit lyk regtig soos iets uit 'n movie scene uit. dis lekker om te sien wat julle doen.
ja dit sal lekker wees as elke dag 'n vrydag kan wees, want dan hoef ons nie maandae te gaan werk nie veral in hierdie koue van ons.
groete daar.