Monday, June 23, 2008

Late night swimming


Hoe sal jul die weer beskryf as jul die foto sien? Verseker lyk dit of dit kan koud wees, maar nee dit is beslis nie koud nie. Hierdie fotos is half 8 die aand geneem met 'n tempratuur van 38c. Ons kon dit net nie meer uit hou nie, ons moes net gaan lyf nat maak.

Hier is die 3-manne in die water. Nee Jay kry beslis nie koud nie ,hy voel net goor want hy was bietjie siek, en natuurlik se sy brein vir hom dit lyk koud alhoewel dit wat hy voel beslis nie klop met wat die brein dink nie.


En hier is sy mamma se klein sufer boy! Te pragtig probeer hy sy surfing houding gooi! Man, sal dit nie nice wees as die mannietjie 'n pro van Aus'ie word nie?

En hier is die trotse dad, met sy suffer boy'tjie. Lekker speel hulle en mamma roep,maak klaar ons moet huis toe gaan dis al slaap tyd, maar boetie se nee mamma, nog net 5 veniete (nie muniete nie) so ja, dit word altyd 10-30min.

Wanneer ek so na ons klein mensie kyk, en hy sy mamma en dadda so mooi iets vra, en sy mamma en dads nie nee kan se nie, Dan besef mens opnuut wat ons Vader vir ons nie als doen nie, soms vra ons vir Hom iets so mooi uit ons harte uit dat Hy ook seker nie nee kan se nie, maar dan moet mens die prys as gevolg van jou keuse betaal. Gelukkig is God groot en hy maak dit altyd weer beter. Want ons is Duur gekoop!! En Hy is vir ons net so baie lief soos ons ons klein mensies het.

No comments: