Wednesday, June 25, 2008

Marina mall se 'sneeu slopes'

Hierdie is die naaste mall aan ons huis, en dan moet ons byvoeg dit is 'n volle 38km van ons huis af ,maar soms 'n uur se ry, want die verkeer is woes veral van die woestyn kant, na die eiland gedeelte, en dis waar die mall gelee is.
, Na 'n ruk lange window shopping het die maagie van 'n klien seuntjie begin grom, by die eetplek langs die nuwe skie slope , wat in ons mall ook nou binnekort gaan oop maak, die mense wat by die skie slope gaan werk,het hulle moves uit probeer, en met die opkoms na die bopunt van die slope kon hulle dit nie weerstaan om vir hierdie pragtige blonde kop seuntjie te waai wat hulle met soveel belangstelling uit kyk nie.

Dit lyk lagwekkend as mens sien hoe mense so dik aan getrek is op 'n dag wat dit 43c is.Maar dit is verseker nodig want ons weet nie hoe hulle dit reg kry nie maar dit is beslis baie koud daar binne, want die koue slaan sommer deur die duk vensters so dat mens sommer wil skyf na ander tafel.



Die stoom fontein in die middel van die mall is 'n groot 'lok aas' veral vir toeriste, dis nogal asemrowend om die water skouspel te aanskou.



Ons noem hierdie mooi wat hulle gemaak het 'n 'lok aas' omdat mens ongelukkig van hierdie tipe 'miners' (durbs se voels wat volop is..jul weet wat dit genoem word)kry. Hulle hou nou al wat 'n mens is dop en kyk wat hul kan sien...dit is regtig lastig..

Sien wat ons bedoel ............


Hier is 'n paar local's. Ja die mans is elke dag so geklee. En die lappe op die kop verskil soms van kleur, ons is self nog nie seker wat dit regtig voor is nie maar somminge mense reken dit is die veskillende 'tribes' wat mens kry.

Oppad huis toe was ons lus vir biltong, hierdie is ons 'butcher' se kar.
Hy is...- proudly South African.








No comments: