Monday, June 30, 2008

Burj al Arab

Het die keer n bietjie nader gekom en die hotel beter gesien.
Dit is die Burj al Arab hotel in Dubai, die wereld se enigste 7 ster hotel. Dit is 280 meter hoog en ook natuurlik die duurste hotel in die wereld.
Die goedkoopste kamer begin by $1,000 en die duurste een gaan tot $28,000 per nag.
Dit is op n mens gemaakte eiland gelee , so heel op sy eie. Daar is ook n ander hotel oorkant hom, maar die res van die geboue is n ent van hom af.


Die ou gewone mens wat nie daai tipe geld het om daar te kan bly nie, kan darm op die strand langsaan swem. Op 'Jumeirah Beach'.


Dit is nie soos daar in SA waar jy stadig in beweeg as gevolg van die koue water nie, jy kan met gemak die see inloop want die water is lou warm.




Dit lyk so lekker, wil net jou skoene uit skop en die see inhardloop. maar as jy uit die 'kar' klim, slaan die hitte jou asem weg. Al is da 'n windjie in die lug, is als een temperatuur, die wind, die sand, die water en 'u name it'.


Dit was nogal 'jameel' gewees om 'na'zara'. Maar die gebruis van golwe is so deel van die see vir ons. Dit is so half onnatuurlik om die see so stil te sien.
'jameel'-'mooi' in arabies
'na'zara'-'om te sien' in arabies

Om die hotel uiteindelik in lewende stene te sien was nogal 'n vooruitsig. En nou dat die dag aangebreuk het, moet ons net die 't-shirt' kry dat ons hier was! Sonder 'n goeie sterk sonbril kan mens maklik chinees ogies trek met die son se kwaai intensiteit.


Ons'e ouma se sonskyn straaltjie het 'n ou uiltjie geknip, met ons besoek aan die hotel, waarin 'celebs' soos Katie Holmes kom bly. Wie weet, dalk het die Here in sy droom vir hom 'n onbeskryflike hemelse mooi laat beleef. En hy is beslis bestem vir groter dinge as 7 sterre!










No comments: