Thursday, June 26, 2008

Lughawe Parkie

Ons het vir dada by die werk gaan haal, en by die werk in die parkeer area is daar 'n parkie. Ons het nog nie daarin gegaan nie, want van buite af het dit nie mooi gelyk nie. Maar toe ons daar in gaan toe lyk dit soos 'n paradys met al die mooi voels en die lower groen gras. En die speel goed word baie mooi in stand gehou.
Oeee mamma, kyk net die baie slides, ek gaan die jange slide, Tom jata, tom dadda!!
Dit is mos die lewe!! Die pragtige dingetjie is skaars onder dan se hy weer dada, nog 'n keer dada! En so het dit aan gegaan van die een 'slide' na die ander. Oe dis mos sooo lekker dada, reken hy toe hy gou rus vir 'n slukkie koeldrank.
Na 'n rukkie ondek hy die swaai, 'tom mamma tom'- hy ruil mos die 'k' met die 't'. Daar is nie 'n manier wat mamma uit die een gaan kom nie.. dankie tog mamma se bas pas in die swaai, en was dit prettig.
Nou is die slides sommer vergete en dis van maak(swaai) my groot, nog groter Jata -groter beteken hoer,
Wel die foto spreek vir homself, uitgepit, op gespeel en sop nat gesweet. Nie eers 2min in die kar nie toe is hy weg na droomland toe.

No comments: