Saturday, August 23, 2008

Sharjah Aquarium

Ons het die lang pad aangedurf om bietjie te gaan verken. Die keer nog n bietjie verder as wat ons al gery het. Sharjah is die emiraat aan die anderkant van Dubai, so ons het letterlik deur Dubai gery om da uit te kom. Met die gebouery is Sharjah so te se een met Dubai.





Die aquarium is splinternuut as mens dit so kan stel. Hulle het die jaar (2008) oopgemaak, en het al oor 'n 100 000 besoekers gehad. Dit wys jou maar net daar is n behoefte aan natuurlewe. Hier bo,- is die ontvangs, wat jou baie welkom laat voel en die afwagting groot maak op wat kom.....

Jy word gesoen groet deur een van die ou groottes......Welkom

Die Aquarium huisves 30 verskillende spesies visse, wat hulle wil vergroot na 50 met die verloop van tyd. Ons het wel die gevoel gekry dat dit nog aan die begin stadium is. Want die tenke is asemrowend maar die inhoud aan die yl kant.



Ten spyte daarvan, bly dit mooi en rustig om rond te kyk na verkillende kleure en vorms van vislewe.
Hier bo is n glasbrug waaroor mens loop, dit vorm deel van die vis tank. ............Dit toets die geloof..........."walk by Faith"


Die boonste tank was n gunstelling, dit was baie kleurvol, en al het ons nog nie self geduik nie, skep dit n goeie prentjie van hoe dit moontlik lyk in hul natuurlike omgewing.



Die hoof doel van die aquarium is die fokus op karakter-

eienskappe van die UAE se see lewe. So ook die bewaring daarvan.



Hier leer hulle ons dat bome nie net daar is om die woestyn groen te laat lyk nie,

maar dat dit wel ook 'n doel in hierdie ekologie dien.

Hierdie is Mangrove bome en hulle is die enigste bome wat in modder soutwater groei.

en hulle wortels absorbeer suurstof uit die lug uit en sit dit weer terug in die water, en dit help weer vir die voorplanting van sekere vis soorte. Dit bied ook skuiling vir klein vissoorte en die se kleintjies.


Die tonnel hier onder skep die gevoel van onder die water loop.
Die 2 pylsterte so bo jou kop.

Dan kom jy weer by die begin punt uit, en da vra jy, is dit, dit? Want n ou klein seuntjie wou n regte haai sien, en ons het uitgekom sonder om een te sien. Toe moes daar groot verduidelik word,....Want wat se mens vir n ou slim seuntjie as daar n groot advertensie bord by die ingang van n haai is....en jy nie een te siene kry nie (hier onder is hy).





Maar op die ouend het hy net die "visse in die bottels" soos hy dit se geniet, ...So het ons ook op nuuts iets geleer.



Maak nie saak hoe groot of klein die 'bottel' gemaak word nie. Die Skepperhand skep lewe, anders sou ons na lee bottels gaan kyk het . Want lewe kan die mens nie skep nie.

9 comments:

Anonymous said...

ONGELOOFLIK MOOI!WENS ONS KON DIT OOK AANSKOU.HET ONS NIE N WONDERLIKE SKEPPER NIE!DIT IS TE GROOT OM SOMS IN TE NEEM. DIE KLEINSTE DETAIL. MAAR DANKIE DAT JULLE DIT VIR ONS KON WYS. WATTER VOORREG HET JUL NIE!sal regtig UITSIEN NA DIE EIND PRODUK. TOT LATER EN BAIE LIEFDE

Anonymous said...

DIT VOEL NOU BEHOORLIK OF EK DAAR WAS. DIT IS PRAGTIG, WYS NET WAT KAN GELD ALLES DOEN, MAAR GELUKKIG HET ONS NIE GELD EN BESITTING NODIG OM EENDAG BY ONS HEMELSE VADER SE VOETE TE SIT NIE. DIT WAS NOU 'N LEKKER REIS GEWEES. WAT 'N WONDERLIKE DING IS DIE TEGNOLOGIE NIE VANDAG NIE. EK HOU VAN SIEG EN SEUNIE SE HOUDING MET BRILLETJIES. LIEFDIE

Anonymous said...

very nice blog.
like your pix
keep up the good work
...me...

Anonymous said...

tanks...me...
we will do so.

Anonymous said...

Jy het 'n pragtige blog. Ek neem aan julle bly in die Midde ooste? Ek is mal oor jou Stuffies inskrywings. en Dan moet ek se hierdie pa en seun is die mooiste foto wat ek in 'n lang tyd gesien het.
Sal gereeld kom inloer
groete van 'n nat kaapstad.

Anonymous said...

Shoe ek sukkel soms om in te kom, seker hierdie 3G van my.
Ek like 'Jay!
Hierdie foto van sieg en kleinding is te pragtig.
En het julle regtig onder die water in daardie tonnel geloop? Dit lyk asemrowend mooi.
Geniet dit.
Groete
Marinda

Mariette. said...

dit was 'n heerlike uitstappie.
net jammer ons kon nie haaie sien nie.

Anonymous said...

Hi daar in die nat kaap
Dankie,ja ons is hier in Abu Dhabi.
Sien uit om jou wee hier te sien, Groete.


Hi Marinda my male sukkel ook nogal met die 3G so nou en dan. Jy weet mos als hier is nagemaak selfs daai tonnel. Maar dit bly mooi.
Groet.

Anonymous said...

Ek sal myself mos in so plek verloor! Ek zone heeltemal uit in akwariums...ek vrek daaroor!

Dit lyk na 'n baie interessante plek. ier by my is dit ook nou herfs en het ek ook geownder of ek 1 Sep "herfsdag" kan doop ;-)