Monday, July 7, 2008

Corniche Beach


Ons kon nie wag om die nuwe see gedeelte, waar mee hul besig was die afgelope paar maande te gaan benut nie. Wel die tyd het aan gebreek en ons ou klein man was skoon uit sy nopies uit.

Die corniche beach was geopen deur dat die langste rooi lint in die wereld, wat hul in 2 gesny het. Wonder wat hul nou daar mee gaan maak? Die see was lekker kalm en warm. n Lekker kombinasie om net rustig te wees. Jul moet sien hoe tuis voel ons klein man in die water, nie n bang haar op sy kop nie!

Jul sal nie glo as ons vir jul vertel van die vissie wat Sieg met sy hande gevang het nie, dit het soos n sardine'tjie gelyk. Hier is haai nette want hier is regtig haaie...
Die son het al laag gele, maar dit is die beste tyd om te gaan swem. Dit is ook wanneer meeste van die mense uit hul huisse kom.

Dit was ook die eerste keer gewees dat die klein man se mamma saam kon swem het, hy dit so geniet. Dan is hy by pappa ,dan mamma, dan by jata. Daar agter kan jul die uae vlag sien wapper.

Dit was tot onlangs die hoogste vlag paal (wat nie geondersteun word nie) in die wereld van 123m, totdat Jordan n hoer een van 126m op gesit het.

Daar is sant, see, gras, geboue 'u name it' dit is daar,selfs die Sheikh se paleis is daar aan jou linkerkant te siene. Gelukkig is daar ook voorsiening gemaak om die sant af te spoel. Dit bly maar lekker om so in die sant te speel.


Ons was daar tot dat die maan helder geskyn het, kyk da sit hy in die linker hoek op die boonste pic.

Die gras is groen en sag, en die palms moet nog eers vestig. Die voorste palm is hoe hul toe gemaak word as hul geplant word.

Daar is genoeg beligting, kan sien hul het nie n probleem met krag voorsiening, nie soos sekere ander lande nie!

Toe word ons'e kril koppie bietjie honger en moeg van al die opwinding. Gelukkig is daar ook voorsiening daar voor gemaak. So n paar kos plekke om iets te kry om aan te byt.

Dit was nie lank nie toe kry hy weer n 2 lewe. Om met sy dad'da te speel op die lekker groen gras.







1 comment:

Anonymous said...

Dit is pragtig, wens ons kon ook daar wees. Julle is bevoorreg om sulke plekke in julle leeftyd te kan sien en beleef. Ek wil daai bekkie van boetie net opvreet. Lekker bly, en stuur maar elke dag, ek geniet dit. Lovies