Wednesday, July 30, 2008

Ons gaan 'Rock' in Dubai

Ons het toe besluit om so bietjie te gaan rock & roll in Dubai. By die gewilde Hard Rock Cafe. Dit is n landmerk in Dubai, een van die oudste geboue( Gebou ,Desember 1997).

Ons het gegaan met n halwe idee van wat die 'cafe' ons gaan bied, maar kans moes ons vat.

Ons is hartlik verwelkom met die simbool van rock&roll en ook deur die kelner wat vir ons sommer met die in trap slag inlig dat hul nie meer alkohol verkoop nie.

Ons het so bietjie daaroor gewonder?, maar dit het ons nie regtig gepla nie.



Het toe bietjie navorsing gedoen en bevind dat daar groot onstredenheid is ontrent die gewilde kuier plek. Hul alkohol lisensie het verval weens die feit dat dit gedeel word met die hotel aan die bo kant. Dit is agv.dat daar planne was of is om hom te sloop om plek te maak vir n 'skyscraper'
Daar is gerigte dat hy gespaar is vir ten minste die volgende 9 jaar. Dit sal n skande wees as hul dit tot nuut maak.
Die plek het n lekker atmosfeer,al was dit stil en nie baie mense nie. Jy verkyk jou aan die Rock&roll kar wat so op die dak onderste bo ry. Dan na al die goeters teen die muur. Daar is iets van al die 'Golden oldies'

Daar in die agtergrond op die boonste foto is n onderbaaitjie wat Pink Floyd aan gehad het.



Aan die ander muur is daar n kitaar van Johnny Cash ,



en nie ver van dit af nie n Elvis suite wat hy gedra het in Las Vegas in 1974. Dan is daar n baaitjie van Michael Jackson, goeters van Madonna en nog vele meer, regtig te veel om op te noem.




Toe kom die kossies te heerlik vir woorde.


Toe is ons magies vol en tyd om huis toe te gaan, met die uitbeweeg na buite vang iets die oog op die plafon in die ontvangs. Dit was n lewens groot LP speler wat in die rondte beweeg. Oulik ne!



Dan is daar ook die 'statue of liberty' en n T- hemp winkel. Sodat jy werklik kan se 'i've got the T-shirt'. Dit is nogal pricie, sal wel nog daar iets gaan koop al is dit net n logo pin.

Op die stadium is die Hard Rock Cafe Dubai se toekoms dalk onseker. Maar ons hoop vir die beste, met die weg ry huis toe. Hoop om dit vir vriede en 'family' in die toekom te kan kom wys.

Het ook net op die regte tyd by die huis aan gekom, was skaars in die huis toe n 'mus, sand' storm ons tref.





3 comments:

Anonymous said...

Dit lyk beslis na 'n lekker plek om te besoek! Ek het 'n website raakgeloop wat ook bietjie tips gee aan besoekers oor Dubai en Abu Dhabi maar die link is op my ander rekenaar. Sal vir jou die link deurgee sodra ek weer op my laptop werk. Ek glo jy het al baie goeie tips by almal en o.a. Sandra gekry, maar wie weet, dalk lees jy net iets daar raak wat jy nog nie geweet het nie.

Anonymous said...

O WATTER PRAGTIGE PLEK EN WATTER VOORREG OM DIT KAN SIEN WONDERLIK OM DIT VAS TE VANG MET N KAMERA. NET SOMS RAAK N MENS BIETJIE JALOERS M AAR WAT ONS PLAN IS OM ONS SUID AFRIKA TE BEGIN ONTDEK AS ONS NET N HALWE KANS HET.DINK ONS HET NOG NIE DIE HELFTE ONTDEK.MAAR HOU AAN WYS DIT IS WERKLIK PRAGTIG.MIS EN LIEF JUL BAIE.

Anonymous said...

Ag jitte Christian lyk nou soos 'n regte seuntjie, te oulik!
Dis te nice om te sien water leke plekke jul daar besoek en jul gaan regtig uit om als daar te sien en te beleef!
Dis amper of mens dit saam jul beleef met al die nice fotos!
Baie liefies!
Frikkie & Lee-Ann
xxx