Monday, July 28, 2008

woestyn duif kom wys vere

Met die oop maak van die kar se deur, met die terug kom slag van die winkels. Sie ons n skadu uit die hoek van die oog. Toe ons weer sien, sit da n ou klein donsveer duifie in die kar.
Dit is nog n ou jong duifie jy kan sy ou donssies sien.
Ons het hom toe so bietjie in die verkoelde huis gevat, hy het seker gedink dit is n vrieskas want hy het dood stil gesit.

Het toe hom wee buite by die kos bakkie gesit en dit was nie lank voor hy geontvries en vol lewe was.

Mens wonder of die duifies hier hul eiers moet koel hou in plaas van om dit warm te hou. Ek dink dit kan maklik kook eiers word.

Maar da is n Groter Hand op hul wat nog nie eers te praat van ons nie.

En vanoggend toe ons die gordyn oop maak toe sit die ou duifie da op die stoep. Is seker dit is 'ons' ou duifie. Reg vir sy kossies vir die dag.


1 comment:

Anonymous said...

AG HOOP JUL VERLANG HUIS TOE MET DIE OU VOELTJIE.KYK MAAR MOOI NA HOM HOOR JULLE. GENIET DIE BLOK BAIE HOU SO AAN ONS SKATTE.