Saturday, July 19, 2008

USKUDAR



Met 'n vinnige terug flits na ons tyd in Turkye... Hierdie boetie en sussie moes ons net afneem. Lyk hulle nie te pragtig nie? Hulle is so mooi aangetrek en lyk tog so onskuldig. Hulle eet vis broodjies, wat mens sommer so langs die hawe, terwyl jy wag vir jou volgende boot koop. Die dogtertjie lyk vir my so mooi in haar wit sykouse, nie iets wat ek sommer vir my dogtertjie sal laat aantrek as ek een gehad het nie, maar dit lyk mooi aan haar. Dit is in elkge val deel van die turke se kultuur die sykous ding. Ouma Corrie sou baie daarvan gehou het want sy was net so oor haar ou sykousies.(-Ek verlang vreeslkik baie na haar wanneer ek na hiedie foto kyk.) Die pappa langs aan die kindertjies drink sy tee. Hulle noem daardie spesifieke tee,- Chai tee, en is hulle tog trots op die tee. Oral waar jy in Turkye kom word jy die tee aangebied. Dit word sommer op straat verkoop en op die stasies, en die mense smul tog te lekker daaraan. Ons was nie baie beindruk met dit nie, maar nou is ons ook nie tee drinkers nie. Gee ons eerder koffie.
Uskudar is die deel van Turkye,
wat aan die Asie (Rusland)kant van Istanbul le.
Mens ry met 'n boot oor die marmara see na daardie kant toe. Wanneer mens daar kom, dan kry mens 'n baie sterk gevoel van rusland daar, die mense lyk amper soos russe en baie van die mans is so kort en fris wye arm mensies, en met die baie moskees wat die kerktoring punte en nie ronde hoepels het nie lyk dit baie russies.
Dit was baie lekker en baie mooi om vir 'n dag daar rond te loop en te spandeer. Maar van die hele dag, en as ek dink aan Uskudar, dan sien ek hierdie prentjie in my gedagte...
Dit is naweek. So geniet julle naweek watse land julle ookal in is!

4 comments:

Anonymous said...

Dit is 'n oulike foto van die Turkse gesinnetjie! Dankie!

Daar was ook 'n dogtertjie in Venesiƫ wat ek altyd sal onthou as ek aan Venesiƫ dink. Sy't saam met haar oupa langs die kanaal gestaan en kyk vir die gondolas wat verby vaar en sy't baie opgewonde geraak en op en af gespring. Ek het haar gelukkig gevideo.

Anonymous said...

Dankie Thea.
Ek moet se hierdie ou foto bring baie verlange,na my ouma en sommer na die dinge van die ou SA soos ons dit nog geken het in daardie jare...

jy moet ook meer van jou kuiertjie in Venesie op sit, baie lekker om te lees. veral jou video insetsels. ons geniet dit baie!

Anonymous said...

Ek het dit gekry en dit is pragtig. Gelukkig kan 'n mens terugdink en dit is pragtig. Ek verlang net so baie na haar.

Anonymous said...

JA HULLE HET NOG TROTS MET HUL KINDERS. JA DIT IS GLAD NIE LEKKER SONDER N MENS SE MAMMA NIE. SOMMIGE DAE IS DIE VERLANGE ERG. EK HOOP REGTIG JUL KRY DIE BRIEFIE.JUL MAAK BAIE MOEITE. MAAR DINK DIS HEEL PRAGTIG. LIEFDE VIRE ALMAL.