Friday, July 25, 2008

Die Dhow Harbour

Ons het n draai gemaak by die hawe, die fotos so deur die venster geneem van uit die kar. Was bietjie warm om te stop en uit te klim elke keer as daar n foto geneem is.Hie bo is iets wat nie vantevore daar was nie dit lyk soos een van hul olie boore. Dit word seker gediens of iets.
Dan as jy bietjie aan ry dan kry jy net die teenoorgestelde as die van tegnologiese masjienerie. Die ou visser manne wat hul nette reg maak vir die volgende vangs.

Hier bo kan jy sien dat hul op so n hout bootjies lewe met hul klere aan n wasgoedlyn vas. Daar is hordes van hul.


Net langs hul is daar n resturand die 'Al Dhafra Seafood Restaurant' waar jy op n cruise kan gaan op een van daai houtbootjies. Dit is ook iets wat jy net een keer kan doen die kos egter 165 DHS per persoon van 9uur tot 11uur, moet by se daar is n ete in gesluit.



Dan is dit ook die plek as jy mooi plante wil koop. Daar is nie baie wat aan die blom is nie, nie soos in die lente nie maar dit verskaf n mooi groenigheid.




En potte waar in jy hul kan plant. Klei potte wat die hitte kan weerstaan.


En dan is daar ook staletjies wat goetertjies verkoop. Daar is van plastiek bakke tot kapstokke.
Dit is vir die geesdriftiges wat kaans sien om met die eienaar se gesmous te kan onderhandel om n 'bagen' los te slaan.



So Kom nog n dag tot einde, net soos vir die visser man wat terug kom om sy vangs terug land toe te bring.
Dit laat my dink aan daai liedjie wat ons gesing het toe ons klein was:
'Visvang vir Jesus'


Iets wat mens nie al dag doen nie.



1 comment:

Anonymous said...

Hello julle!
Dit lyk of jul 'n baie leke rustige lewe daar het!
Hou baie van al jul fotos en is bly jul kan darm biltong daar koop!
Jul moet 'n leke dag he!
Lief jul baie!
Frikkie & Lee-Ann
xxx