Tuesday, July 22, 2008

lekker by die see more gaan ons weer

Die afgeloope tyd het ons maar deur die dag in die huis(villa) deur gebring dan so by 5 uur, wanneer dit donker word, kan nie se koeler word nie want dit gebeur nie sommer nie, see se kant toe geskyf.
As mens so sit in die lou warm water, en die son ondergang besigtig dan besef mens dit is n totaal en ander soort son ondergang as mens dit so kan se.
Mens sal dink dalk sal daar more n son ondergang wees soos die wat ons ken in SA maar dit gebeur nie. Hier is n ander tiepe mooi son ondergang iets wat nie by SA se son ondergange sal kom nie maar dit bly mooi op sy manier.
Ons sal dit dop hou met die verandering van die seisoene dalk verras dit ons met iets asemrowend.

Die water is prentjie mooi saam met die wit strande.
Daar is so nou en dan n ou glof'etjie wat die kindertjies geniet.
Dan is dit uit klim tyd en die lang pad huis toe, met so oppad kar toe het jy bietjie krag nodig. Niks beter as n baieeeee... lekker roomys. Sal dit nog bietjie af neem en op sit om jul so bietjie lus temaak.

3 comments:

Anonymous said...

Dis lekker om naby die see te bly!! Hoe ver is dit van julle af strand toe?

Anonymous said...

hi
Dit is nogal n entjie van ons af so 40km. Dit vat ons ook so 40 min maar dit is die moeite werd. Die petrol is gelukkig goedkoop, en ons sien dit as n lekker 'outing'.
lekker dag.

Anonymous said...

Hi julle 4. Dit is pragtig, geluk met julle nuweling in jul huis (kar). Ons benei julle. Ons probeer nog deur die winter kom. Dankie hoor laat maar nog kom.