Friday, July 4, 2008

Palm Jumeirah

Die eerste 3 fotos is verkry by Wikipedia op die net (http://en.wikipedia.org/wiki/Palm_Jumeirah), dit is net om die Palm island in Dubai beter te kan verduidelik en sien. Aangesien ons dit nie van naby so kan af neem nie.



Die Palm island is n kunsmatige eiland in die vorm van n palm boom.

Dit word glo bestempel as die '8ste wonder van die wereld'.


Die boonste Pic is 'Atlantis The Palm'. Dit is n 'resort' gelee by die palm island.

Ons kon die buite lyne sien toe ons daar verby was. Die masiewe gebou staan so diep in die see lyk of dit daar dryf en vas ge-anker is.

Daar is glo oor 'n 2000 kamers, dit kry n water speel park en dan die konversieele 'Dolphin Bay'.

Hul gaan glo of het al reeds 28 bottlenose dolfyne invoer vir 'n aquarium. Daar was mense wat daarteen was, maar met so baie geld ter sprake wat kan mens se.




Die is ons GPS in die 'kar' sodat ons die paaie in Dubai kan plat ry. Hier kan jul sien ons was wel op die '8ste wonder van die wereld'.

Vir die wat nie weet nie, daai blokkie in die middel is ons 'karretjie'




Die foto het ons geneem daar waar ons op die GPS was. Dit lyk na hotelle, daar is heelwat van hulle. En daar is wel lewe op die deel van eiland.



Met die terug ry huis toe, kan jul mooi sien wat se gebouery is dit hier in Dubai.
Hul probeer seker hemel op aarde maak. Maar gelukkig weet ons dat daar vir ons n plek voorberei word in die hemel. n Plek so mooi ,geen mens kan homself indink hoe dit gaan wees nie!
Shalom








2 comments:

Anonymous said...

hi julle
dit lyk pragtig. wie weet jay hulle bou so gou ons mag dalk die eind produk sien.
lief julle en sien julle soon!!
mwa

Anonymous said...

hi julle
dit is pragtig dankie vir die mooi fotos.
liefie julle