Wednesday, July 9, 2008

DOLFYN 'SHOW"

Kan julle glo?
Uiteindelik kom ons by die dolfyne in Dubai uit! Ons sukkel al vir 'n maand om kaartjies te kry, want ons moet op die internet book en elke keer wat ons, ons datums in sit dan is dit uitverkoop. Want sien op maandae en vrydae is dit baie goedkooper as deur die res van die week!
En raai wat?..... Daar is ons ou Jata'tjie so siek dat hy die hele show amper in die badkamer deur bring, so m.a.w die fotos wat julle nou sien is deur ons 2 geneem, so ons gaan beslis weer terug gaan sodat ons baie mooier fotos vir julle kan neem.
Nou ja, ek weet nie hoekom kinders van hierdie ouderdom nog bang is vir hierdie tipe van ding nie, maar ons ou seunie wou gaan kyk, maar hy klou aan sy dadda vas. Na die hele show kan hy vir jou alles van die seeleeu vertel en hoe hy by hom gestaan het, maar toe die geleentheid daar was wou hy niks weet nie.
Dit is wragtig nie net die kindertjies wat van hierdie tipe ding hou nie die mammas en pappas is net so vas gevang in die wonder van die slim dolfyne, wat deur ons Skepper gemaak is. Mens staan nogals verstom om te dink dis eintlik net 'n vis wat in die see hoort wat so slim is dan wonder mens,- kan haaie ook so slim wees as mens hulle iets leer??
Hoe mooi spring hulle.-Ongelooflik!Hulle doen nogal baie toertjies, en hulle is so gehoorsaam. maar ons sal beslis weer gaan en vir julle meer kom wys.
Hierdie lyk vir my soos 'n rob maar hulle praat van seeleeu,- hy sing en hy daans.Hulle lyk na sulke vriendelike diere,mens wil hulle net soen en druk, maar ek dink hulle kan jou nogal 'n hap gee as hulle wil.
Hier daans hulle, ongelooflik!Mens kan nie dink dat wanneer hulle so regop staan, dat hulle so lank en groot kan wees nie. En glo my as ek se hulle het gesamba! Hy kan maar daardie lyfie swaai en dit nogal op die ritme van die musiek. Selfs die dolfyne het gedaans. Te pragtig!
Wanneer mens na hierdie ongelooflikheid kyk dan besef mens net opnuut hoe groot ons Skepper is, so dat toe Hy visse geskape het, het HY hulle met perfekt'hied geskape en vir hulle die vermoe gegee, om Sy groothied te vertoon.
DANKIE VADER VIR U GROOTHEID. U IS ALMAGTIG EN WONDERBAAR!!




1 comment:

Anonymous said...

pragtig julle
gou gesond word jata!
ga kom kuier en dan wil ek ook gaan kyk.

liefies