Thursday, July 17, 2008

Laptop aande

Dit is die gesig na n lang dag se gerond skuur . Daar is soms meer op die net as op die TV, dan gryp ons n laptop so 2-2 by een.


Youtube is die klein man se gunsteling 'site', hy kyk op n gereelde basis na die 3-varkies, simba se 'hakuna matata' en die lys gaan aan en aan. Hy het al meenigmal so met die kyk van sy storie, aan die slaap geraak.
Daar is ook lekker baie afrikaanse en gospel goed wat ons gereeld na luister,dit maak dit soveel makliker as mens so bietjie huis toe verlang.




1 comment:

Anonymous said...

Ons is nou nie so gelukkig soos Christiaan om die 3 varkies te kan kyk nie,maar ons bring maar ook baie tyd deur op die laptop soos julle self weet.Maar geniet dit en weet ons dink altyd aan julle wanneer ons op ons laptop werk.