Wednesday, July 23, 2008

n 'drive to town' met die nuwe Galloppertjie

Ons het die nuwe tjor gister laat middag gekry. Het toe vandag dit vir n drive gevat, stad toe.

By die Abu Dhabi mall gestop vir n eet dingetjie.

Hier bo kan jul ons 'Black Label' sien sorry bier drinkers dit is n tas winkel.

Dit is n 'regular order' as ons daar kom, soet en suur by die chinese take a way plek, jul kan sien wie se gunsteling dit is.


Dan is n lekker koue koeldrank ook net wat n klein man nodig het met die wag vir sy kos. Nie altyd n wyse ding so voor eete nie want dan drink hy sy maagie vol, inplaas van kossies eet.


En dan vir die wat lus is vir n lekker gesonde drankie, is daar 'Bocadillo'. n eet plek met iets anders as die ander.


Die drankie hier bo is genoem die 'layered cocktail', dit bestaan uit n laag piesang, strawberry,avocado,kiwi,papaya,mango en peach .


Met die uitbeweeg loop ons by 'iemand' se gunsteling winkel verby en, daar is n up to 50% sale maar as dit nie op die sisteem is nie dan maak dit nie saak wat die 'price tag' se nie, so wat is die 'use' van die sale dan?



Die is die nuweling by die family. Die eerste van sy soort en dan is dit sommer n v6. Dit is net die regte kar vir die woestyn


n mooi dag met n 'smart' kar, n 'nice' uitsig en n dankbare hart.





2 comments:

Anonymous said...

Geluk met die nuwe kar!! Ek's ook mal oor Chinese kos en daai layered cocktail lyk heel interessant!

Anonymous said...

Dankie Thea! ja die Chinese kos is al wat sieg altyd eet as ons so in die malls eet, en jay soek weer altyd die gesondheids kosse uit, ek wens ek kon dit doen maar ek hou weer van die goete wat nie goed is vir my liggaam nie. ....jy weet mos lekker is nie altyd goed nie.