Net voordat ek en seunie terug huis toe gevlieg het,
het Flattie, vir hom bad goed gebring. Natuurlik het ek gedink dat hy lankal daarvan vergeet het, maar nee, nie ons seunie nie. Daar is niks wat jy vir hom kan wegsteek nie, hy weet presies wat aan gaan. Ek en ouma het vir hom 'n karrietjie laat kies in pep toe ons gou daar ingehop het, toe reken hy nee hy soek al 2 die rooie en die rooi en witte, ons vat dit toe vir hom en toe ons by die 'till' kom toe se ons vir die persoon daar, sy moet net die 1 lui en die ander een los ons toe agter. Wat 'n gemors toe ons by die huis kom. Dit was trane tot die volgende oggend selfs in sy slaap het hy daaroor gemoun.-sal maar nie se wat hy gese het nie maar dit was nogal lagwekkend.- nou dieselfde met die ding. Hy't aangehou totdat ek vir hom dit gegee het en hy gedoen het daarmee wat hy nou wou.
Die treintjie wat ons saam moes bring van Suid Afrika af het ook deur geloop. Eers was dit rook en toe word die trein sommer daarmee gewas...
Toe kom hy agter dis lekker om net die goed rond te spuit. En reken hy na so lang vlug mag hy maar doen wat hy wil...toe beging hy slange en wurms spuit.Hy maak homself toe wys as hy baie slange spuit dan gaan dit die waterslang van die bad op eet.- wanneer hy nie uit die bad wil klim nie dan se ons vir hom daar is 'n honger waterslang in. Dan move hy gou.
Nou ja needles to say - die dad moes toe ook deur loop. Natuurlik het hy nie omgegee nie want hy het homself op verlang na sy klien karnallie!
En hier is die eind produk van die groot gemors!! Wat ons so terloops 'n lekker stewige tydjie gevat het om skoon te maak.

Maar ons klien kalant het homself geniet en dit is al wat saak maak.
3 comments:
Ek het nou eers deur al julle inskrywings gelees! Lyk my julle het al baie dinge gesien en beleef!
Julle het 'n pragtige seuntjie en ek weet van 'n ouma wat mal is oor haar kleinseun!!
Mooi bly!
Dankie Thea!
jou blog is net so nice,-baie anders as die normale, - maar weerspieel jou 100% -eksentriek en enig in jou sooort!
ons like dit en sal dit gereeld lees.
lekker naweek!
Dit laat mens sommer 'n traan pik. Mis al die stoutegeit. Ouma en oupa is by ons en die verlange loop dik. Dit lyk pragtig en ons verlang baie. Die dolfyne is ook pragtig. Julle moet aanhou stuur ons geniet dit vreeslik.
Post a Comment